Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Teorie-ontwikkeling vir narratiewe van leer en onderrig, vanuit die voorbeeld van Swart vroue se akademiese ervaring
Begin: 24/05/2022, 12:45
Einde: 24/05/2022, 13:45
Kontak:Lucy Lucks - 021 808 3717
Plek: Virtual: MS Teams

​Die Onderwerp​

Teorie-ontwikkeling vir narratiewe van leer en onderrig, vanuit die voorbeeld van Swart vroue se akademiese ervaring

Opvoedkundige instellings behoort ruimtes te wees waar personeel en studente betrokke kan wees by die opbou en skep van kennis, en die aanpak van kwessies van maatskaplike geregtigheid (Farmer, 2021). Om ʼn ruimte te skep wat bevorderlik vir doeltreffende en verrykte onderrig en leer is, het talle studente en personeel nodig om meer as die woord “welkom" te hoor. Kwalitatiewe studies is nodig om te weet dat nie alle individue ʼn konteks op dieselfde wyse ervaar nie (Ellis, 2007; Johns & Marlin, 2010). Verskille in ondervinding en persepsie sluit kwessies soos selfbewussyn/identiteitsgevoel en gevoel van behoort in, wat alles ʼn rol in die sukses van leer en onderrig speel. Hierdie faktore beïnvloed individue se interaksie binne die institusionele kulturele milieu en kan verhoudings en individuele groei verbeter of belemmer (Farmer, 2021). Om weg te beweeg van ʼn institusionele kultuur waar nie almal welkom voel nie, moet verskille in die onderrig en leer van studente en akademici wat tot universiteite toetree, in ag geneem word (Behari-Leak, 2017). As ongelykheid en verskillende soorte ongemak op meervoudige vlakke in die konteks van die instelling aangepak word, kan dit help om die verskuiwing in die institusionele kultuur teweeg te bring. Personeel wat by onderrig en leer betrokke is, moet dalk hulle rolle en hulle betrokkenheid by diegene waarmee hulle die onderrig- en leerruimtes deel, in oënskou begin neem. 

Kritiese besinning oor ons interaksies op verskillende vlakke is ʼn noodsaaklike deel van onderrig en leer, veral waar praktisyns hulle agentskap onder die loep wil neem (Farmer, 2021; Herman, 2015; Kahn et al., 2012). Besinning is nie slegs denke nie; dit behels ook aktief praat, gesprekke voer, skryf en teken. 

Ek voer aan dat personeel mag vind dat outo-etnografiese of besinnende aktiwiteit ʼn beduidende rol kan speel in die opbou van hulle portefeuljes om “verby die teorie" in hulle “professionele leer" te beweeg (Leibowitz et al., 2016; Winberg & Pallitt, 2016) en nuwe maniere te leer om hulle studente se denke te betrek. Verskillende besinningsmodusse kan die bevraagtekening van praktyke en interaksies aanmoedig, en beklemtoon dat ons almal die evolusie van hoër opvoeding kan beïnvloed (Farmer, 2021).​


Die Spreker

Dr Jean Farmer (Adviseur: Sentrum vir Onderrig en Leer)

Dr Jean Lee Farmer is ‘n Adviseur: Hoër Onderwys aan US se Sentrum vir Leer en Onderrig (SOL). Die professionale ontwikkeling van akademici is deel van haar rol en sy het navorsing gedoen oor professionele ondersteuning vir Swart vroue-akademici. Sy is projekbestuurder vir Finlo, US se Fonds vir Innovasie en Navorsing in Leer en Onderrig; en vir US se Eerstejaar Prestasietoekennings. Haar Ph D verhandeling bied liewer ‘n kritiek op die kultuur van Hoër Onderwys se stadige pas van transformasie en gebrek aan diversifisering van denkwyses, as om van personeel en studente te verwag om te assimileer in die kultuur in.  Sy streef voort om maniere te vind om saam te werk vir sosiale geregtigheid deur leer en onderrig.​


Kliek hier om aan te sluit op MSTeams om 12.45.  ​​​

Navrae & Besprekings

Lucy Lucks
llucks@sun.ac.za
021 808 3717

Dis nie nodig om te RSVP of te bespreek nie, sluit net aan op MSTeams.​


Lees hier meer oor Auxin​​