Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Hoe kuns geregtigheid beïnvloed
Begin: 01/12/2021, 13:00
Einde: 01/12/2021, 14:00
Kontak:Ricky Brecht - 0218083660
Plek: MS Teams

WOENSDAG‑KUNSGESPREK

HOE KUNS GEREGTIGHEID BEÏNVLOED

Die Konstitusionele Hof-kunsversameling se impak as 'n visuele uitbeelding van konstitusionalisme

Die Universiteit Stellenbosch Museum nooi jou uit na 'n Woensdag‑kunsgesprek met Francois Lion‑Cachet, waar daar oor die Konstitusionele Hof‑kunsversameling (KHKV) gesels sal word.

Die Konstitusionele Hofgebou, te Constitution Hill in Johannesburg, funksioneer as 'n soort museum, synde 'n plek van herinnering, maar ook 'n ruimte wat voortdurend vernuwe word deur uitstallings van die Konstitusionele Hof‑kunsversameling. Heelwat van die kunswerke in die versameling spreek tot vorige en bestaande onregte, maar dit bepleit ook 'n regverdiger toekoms. Sommige werke beeld die politieke agentskap en geleefde ervarings van die kunstenaars uit, terwyl ander tot die skep van 'n verwelkomende en inklusiewe ruimte bydra. Kuns is so dinamies soos die Grondwet self, en bied unieke interpretasies op verskillende tye. Die KHKV hou besondere betekenis in deurdat dit 'n grondwetlike estetika en visie vir Suid‑Afrika bied. Die aanbieding ondersoek die totstandkoming van die KHKV, uitgesoekte kunswerke, en die kritiese aspek van die versameling se volgehoue en oorwoë groei.

Datum:    Woensdag, 1 Desember 2021

Tyd:    13:00 – 14:00 (SAST)

Webinaar:   MS Teams

Om te registreer:

WednesdayArtTalkabout

​