Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Forum Lesing: Kusekologie en -bewaring: die samesmelting van wetenskap en tradisionele kennis in Inhambanebaai, Mosambiek.
Begin: 11/11/2021, 13:00
Einde: 11/11/2021, 14:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

​Donderdag, 11 November 2021 

13:00 - 14:00

Registreer: https://bit.ly/3jINg0o

Navrae: drdcomm@sun.ac.za

ʼn MS Teams-skakel sal per e-pos aan deelnemers gestuur word.

 

Kusekologie en -bewaring: die samesmelting van wetenskap en tradisionele kennis in Inhambanebaai, Mosambiek.

Wortelboommoerasse kom in tropiese en subtropiese kusgebiede regoor die wêreld voor waar hulle verskeie ekosisteemfunksies dien. In Suid-Afrika en Mosambiek staar wortelboommoerasse verskeie uitdagings in die gesig. In Suid-Afrika word wortelboommoerasse goed bestudeer en kom grootliks in beskermde gebiede voor wat deur die regering gemagtig is. In Mosambiek is baie min bekend oor wortelboommoerasse -habitatte en beskerming is grootliks gemeenskapsgebaseer. Alhoewel bewaringsmaatreëls in plek is en monitering streng is, is die doeltreffendheid van hierdie sones nog nie bestudeer nie. Deur gebruik te maak van wetenskaplike metodes en tradisionele kennis, het ons die biodiversiteit van wortelboommoerasse in Suid-Afrika en Mosambiek ondersoek, en daarna gestreef om die uitwerking van gemeenskapsgebaseerde geen-inname-sones en menslike invloed op wortelboommoerasse -ekosisteme en diversiteit te ondersoek. Die Inhambanebaai wortelboommoerasse -studie bied 'n unieke geleentheid om te verstaan: 1) wat 'n gemeenskapsondersteunde bewaringsinisiatief suksesvol maak; 2) hoe hierdie stelsel werk met min tot geen konflik tussen belanghebbendes, elk met 'n unieke begrip en stel kennis; en 3) hoe om gemeenskappe by wetenskaplike studie van hul omgewing te betrek. Deur veelvuldige benaderings te gebruik, openbaar ons nie net die biologie en ekologie van die Inhambanebaai- wortelboommoerasse nie, maar ook die verhale van die gemeenskappe wat hierdie habitat vir eeue beskerm het en die lesse wat ons daaruit geleer het. Ons bespreek ook die belangrikheid daarvan om respekvol saam te werk en inheemse kennis in wetenskaplike studies en hulpbronbestuur te inkorporeer.

 

Dr Nasreen Peer

Dr Nasreen Peer het 'n BSc (Hons) in Mariene Biologie van UKZN, en 'n PhD in Dierkunde van NMU. Sy spesialiseer in die diversiteit en ekologie van ongewerwelde waterdiere in 'n wye verskeidenheid kus- en varswaterhabitatte, veral in riviermondings, klipperige kusstreke en wortelboommoerasse. Sy is tans 'n dosent aan die Universiteit Stellenbosch en die medestigter van Argonaut Science (Pty) Ltd. Haar huidige navorsingsbelangstelling behels die begrip van gemeenskapsgebaseerde bewaring in Mosambiek en Suid-Afrika, 'n projek wat samewerking tussen gemeenskapslede en navorsers behels. Peer se belangstelling in wetenskapkommunikasie en kennisuitruiling groei namate sy probeer om burgers, inheemse gemeenskappe en ander navorsers by elk van haar navorsingsprojekte in te sluit. Sy glo dat elke persoon iets uniek het om oor hul omgewing te bied en moedig elke persoon aan om te leer en navorsing bo net dit wat verwag word te doen.​