Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Middaguurgesprek: Prof Jerzy Koch praat met prof Andries Visagie oor Afrikaanse letterkunde
Begin: 04/11/2021, 13:00
Einde: 04/11/2021, 14:00
Kontak:Lenelle Foster -
Plek: Teams & Lettere 225 | Arts 225

Prof Jerzy Koch, buitengewone hoogleraar letterkunde by die Departement Afrikaans en Nederlands én hoof van die Departement Nederlandse en Suid-Afrikaanse Studies van die Adam Mickiewicz Universiteit in Poznań, is Donderdag 4 November om 13:00 in gesprek met prof Andries Visagie.

Sluit gerus op Teams of in Lettere 225 by ons aan om meer te hoor van prof Koch se navorsing oor Afrikaanse letterkunde – soos die eerste deel van sy literatuurgeskiedenis oor Afrikaans (History of South African Literature: Afrikaans Literature 17th - 19th Centuries) en die bydraes van vroueskrywers in die ouer Afrikaanse letterkunde.

Die gesprek sal in Afrikaans gevoer word.

Weens die grootte van die lokaal is sitplekke beperk. RSVP aan lfoster@sun.ac.za om jou plek te bespreek.​​