Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Maties Sport Kortkursus: Praktisyn Insigte tot Hoë-Prestasie Voorbereiding
Begin: 11/03/2022, 17:00
Einde: 13/03/2022, 11:30
Kontak:Sinakho Nompunga - 021 808 2534
Plek: Online

​​

Maties Sport bied 'n aanlyn kortkursus met die titel “Praktisyn Insigte tot Hoë-Prestasie Voorbereiding" gedurende die naweek van 11-13 Maart 2022 aan. Die kursus is primêr op vroeë-loopbaan praktisyne of studente wat in hoë-prestasie omgewings wil werk gemik.

 

Besonderhede:

 

Datums:

11–13 Maart 2022

 

Kostes:

Universiteit Stellenbosch Lede: R1000 per persoon

Algemene Publiek: R1500 per persoon

 

Formaat:

Sessies sal ten volle aanlyn aangebied word:

Vry 11 Maart 2022: 17h00 – 20h00 

Sat 12 Maart 2022: 08h30 – 13h30

Son 13 Maart 2022: 08h30 – 11h30

 

Kursus Doelwitte:

1. Om kursusgangers aan sekere praktiese uitdagings wat binne hoë-prestasie omgewings teëgekom kan word bloot te stel.

2. Onderwerpte sluit onder meer die volgende in: Die belangrikheid van die werksverhouding met die hoofafrigter; die aard van afrigtinge binne diverse omgewings; hoe om rondom beserings te oefen; asook die dinamika om met studente-atlete te werk.

3. Kursusgangers sal die geleentheid hê om uit die ondervinding en kundigheid van verskeie hoë-prestasie praktisyne oor verskillende sportkodes te leer.

 

Sertifisering: Sertifikaat van bywoning

Skakel om te Registreer: https://shortcourses.sun.ac.za/application-form.html?offeringid=593fb3c4-4878-ec11-abea-005056801c40

 

Vir verdere inligting kontak vir Sinakho Nompunga by sinakho@sun.ac.za of 021 808 2534.​