Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging: 3de jaarlikse beraad oor sosiale geregtigheid en internasionale konferensie
Begin: 11/10/2021, 08:30
Einde: 12/10/2021, 17:00
Kontak:Marna Lourens - 0723368719
Plek: https://evolve.eventoptions.co.za/register/socialjustice2021/details

​Prof Thuli Madonsela, wat die Regstrust se leerstoel vir Maatskaplike Geregtigheid in die Fakulteit Regsgeleerdheid van die Universiteit Stellenbosch beklee, en die Raad van Kampvegters vir Maatskaplike Geregtigheid (Council of Social Justice Champions) nooi u vriendelik uit na die 3de Jaarlikse Spitsberaad en Internasionale Konferensie oor Maatskaplike Geregtigheid.

Die virtuele konferensie vind plaas op:

11 Oktober 2021: Die Internasionale Konferensie oor Wetgewing, Beleid en Maatskaplike Geregtigheid: Wees Ernstig oor Ekonomiese Gelykheid; en

12 Oktober 2021: Die 3de Jaarlikse Spitsberaad oor Maatskaplike Geregtigheid: Maatskaplike geregtigheid, ekonomiese gelykheid en vrede – ʼn nuwe sosio-ekonomiese pad vir Suid-Afrika en die vasteland.

Ons verwelkom die voorlegging van opsommings van navorsing oor maatskaplike geregtigheid vir referate wat tydens die internasionale konferensie gelewer sal word.

KLIK HIER om te registreer​.

KLIK HIER om ʼn opsomming voor te lê​.