Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Bekendstelling van verkragtingskultuur op kampus aanlyn-uistalling
Begin: 30/09/2021, 17:00
Einde: 30/09/2021, 18:00
Kontak:Lisa Le Roux -
Plek: MS Teams

Vroue se ervarings van verkragtingskultuur op kampus: wat kan ons leer as ons kyk na een Suid-Afrikaanse universiteitskampus?

 

Die Eenheid vir Godsdiens- en Ontwikkelingsnavorsing (EGON), die Eenheid vir Gelykwaardigheid, die Transformasiekantoor, die Afdeling Studentesake en die SU Anti-GBV Movement nooi jou na die bekendstelling van 'n aanlyn-uitstalling van geselekteerde bevindinge van 'n navorsingsprojek gelei deur EGON. Geselekteerde fotos, teks en klankmateriaal word uitgestal wat die volgende navorsingsvraag beantwoord: “Hoe word die drywers van verkragtingkultuur op kampus verstaan en ervaar deur vrouestudente by Stellenbosch Universiteit?" Die navorsingsprojek het 'n innoverende metodologie gebruik – PhotoVOICE 2.0 – en saamgewerk met vrouestudente by Stellenbosch Universiteit om 'n beter verstaan te ontwikkel van die onderliggende drywers van verkragtingskultuur op kampus.

 

Datum: Donderdag, 30 September 2021

Tyd: 17:00 – 18:00

 

As jy hierdie aanlyn-bekendstelling wil bywoon, registreer asseblief hier.

 

Die aanlyn-uitstalling kan besigtig word by www.campusrapeculture.co.za Die webwerf verskyn Donderdag, 30 September om 18:00.

 

Vir enige navrae, kontak asseblief eleroux@sun.ac.za