Al word mense se wonings dikwels oor die hoof gesien en nie
na behore waardeer nie, is dit ’n belangrike deel van die daaglikse lewe en dit
vorm die kern van werk, seremonie, sosialisering en menslike kultuur. Geboue,
net soos ander artefakte, beliggaam die waardes en kultuur van mense wat
hierdie ruimtes ontwerp, bou en bewoon. Hierdie Erfenismaand wil ons graag ons
gedeelde kulturele erfenis vier deur ons diverse inheemse argitektuur en met ’n
uitstalling wat die kreatiewe vindingrykheid van ons Suid-Afrikaanse voorvaders
uitbeeld.
Die uitstalling is saamgestel uit items uit die James Walton-
en die André Pretorius-versameling wat in Spesiale Versamelings in die
Universiteit Stellenbosch Biblioteek gehuisves word. Dit is op SUNDigital
beskikbaar.
Besoek gerus die virtuele
uitstalling en verdiep jou in die daaglikse lewe van die Suid-Afrikaanse
mense, deur die oë van hul wonings.