Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Transformasiebestuurdersforum/IJCDS Seminaarreeks
Begin: 23/09/2021, 13:00
Einde: 23/09/2021, 15:00
Kontak:Claire Kelly -
Plek: MS Teams

U word uitgenooi na die derde aflewering van die seminaarreeks getiteld Developing a critical praxis of transformation in South African higher education (“Die ontwikkeling van 'n kritiese praktyk van transformasie in die Suid-Afrikaanse hoër onderwys") wat deur die Transformasiebestuurdersforum en die International Journal for Critical Diversity Studiesaangebied word.

 

Tema: Bring 'n feministiese lens van interseksionaliteit na die hoër onderwys

Aangebied deur: Die Universiteit Stellenbosch Transformasiekantoor

Datum: 23 September 2021

Tyd: 13:00–15:00

 

Gespreksleier: Dr Zethu Mkhize

Moderator: Prof Amanda Gouws

Program:

13:10–13:25: Prof Amanda Gouws: Inleiding en kontekstualisering

13:25–13:45: Mnr Jaco Brink: 'n Praktisyn se perspektiewe op 'n nasionale beleidsraamwerk vir Suid‑Afrikaanse hoër onderwysinstellings vir die tempering van geslagsgebaseerde geweld aan 'n Suid-Afrikaanse universiteit: Beheer-en-bestuur, implementeringsuitdagings en geleenthede

13:45–14:05: Me Brightness Mangolothi en prof Peliwe Mnguni: Afknouery in die werkplek en die implikasies daarvan vir gendertransformasie in die Suid-Afrikaanse hoëronderwyssektor: 'n Interseksionaliteitsperspektief

14:05–14:25: Prof Ronelle Carolissen en prof Nadine Bowers du Toit: Transformasie van gemeenskapsgebaseerde navorsing in hoër onderwys: 'n Dekoloniale feministiese herbesoek van die “bruin vroue"‑artikel

14:25–14:55: Prof Amanda Gouws: Bespreking gemodereer deur prof Gouws

14:55–15:00: Dr Zethu Mkhize: Afsluiting en bedankings