Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Network Technology event
Tegnologie entrepreneurs en hul oplossings tot Suid-Afrikaanse uitdagings
Begin: 22/09/2021, 17:30
Einde: 22/09/2021, 19:30
Kontak:Hanli Brink - 0218083826
Plek: Launchlab

​Onthou jy die dag toe jy jou eerste groot besigheidsidee gehad het?  Dit was opwindend en daar was ontelbare geleenthede.  Maar ons almal weet om 'n besigheid te begin is beslis nie maklik nie. Dit vereis geweldig baie toewyding, vasberadenheid, hulpbronne en kennis.  

Dit is die rede waarom Stellenbosch Network, in samewerking met SU Launchlab & die SA Innovation Summit, 'n geleentheid bied vir studente en jong entrepreneurs om te leer van van die beste jong besigheidseienaars in Suid-Afrika, insluitende Aisha Pandor (SweepSouth), Kobus Ehlers (Radar; voorheen SnapScan) en Leánne Viviers (Mintor).

Kom sluit by ons aan vir 'n bespreking oor wat dit behels om 'n entrepreneur in Suid-Afrika te wees en vind uit watter oplossings daar is om Suid-Afrikaanse uitdagings aan te spreek.

Die geleentheid begin om 17:30 vir 18:00 op die 22ste September 2021 en sal 'n paneelgesprek wees wat gelei word deur KykNET Prontuit Aanbieder, Kabous Meiring.  

Na die gesprek sal daar versnapperinge bedien word en ook natuurlik geleentheid wees om te netwerk (in persoon!)

As gevolg van COVID-19-maatreëls sal die aantal gaste tot 50 beperk word.  Toegang is gratis maar registrasie is verpligtend om te verseker dat getalle tot 50 beperk bly.  

Registreer hier: 

https://www.quicket.co.za/events/150632-technology-entrepreneurs-and-their-solutions-to-south-african-challenges/#/