Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Wat is laser?
Begin: 14/09/2021, 17:30
Einde: 14/09/2021, 18:30
Kontak: -
Plek: Online / Aanlyn

​Die Stellenbosse Laser-studentetak nooi jou om by ons aan te sluit vir 'n openbare lesing getiteld: LASER: The tale of organised light deur dr G.W. Bosman. Hierdie praatjie sal op 14 September 2021 om 17:30 via Microsoft Teams (skakel) plaasvind en sal die term “laser," figuurlik gesproke belig! 

Die meeste van ons het nog net met lasers kennis gemaak in die konteks van wetenskapsfiksieflieks en liedjies van Queen. Miskien is jy wel bewus van die gebruik van laser in die alledaagse lewe, maar beskou dit as gerieflike tegnologiese luukshede - 'n mikrogolfoond, 'n koordlose laaier. Maar wat presies is 'n laser? In hierdie praatjie gaan dr Bosman poog om lasers te ontsluier. Hy gaan fokus op wat hulle laat lewe, die nodige bestanddele om 'n laser te maak, asook die belangrike eienskappe van 'n laser en hoe dit in toepassings gebruik word. 

Ons sien daarna uit om jou daar te verwelkom. Het jy vrae? Kontak ons by  stellenboschlsc@gmail.com