Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
(Af)leer: Dekoloniale Dialoë
Begin: 03/09/2021, 10:30
Einde: 03/09/2021, 12:30
Kontak:Grizelda -
Plek: MS Teams

Die projek van verandering en transformasie is ʼn gedeelde betrokkenheid. ʼn Ruimte vir die aanleer van ander maniere om te wees, nuwe idees en die afleer van ou begrippe. Aanleer en afleer is deel van die dekolonisasieproses wat aktivisme, hoe ons navorsing doen, wat ons dink inklusiewe onderrig en leer is, insluit. Die doel van die Siyakhula (Af)leer: Dekolonisasiedialoë 2021 is om ons denkwyse, ons aannames omtrent onderrig en leer en pedagogie te onderbreek. Die kerndoelwit van opvoeding is om die ongelykheid en onderdrukking aan te spreek deur magsverhoudings te identifiseer en werk daarvan te maak om hulle te transformeer. Die Siyakhula-gefasiliteerde sessies is ʼn geleentheid vir personeel om te reflekteer en hulleself en mekaar af te vra:

Hoe dra ons by tot gelykheid en maatskaplike geregtigheid. deur hoe ons onderrig, toesig hou, as mentors optree, skryf en navorsing doen? Hoe kan ons werk toegang en inklusiwiteit bevorder? Wie se stemme word in ons werk uitgelaat of geïgnoreer?