Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Forum Webinar: Die politiek van ‘cool’: manlike subjektiwiteite in die kuns van Donald Glover en Mohau Modisakeng
Begin: 19/08/2021, 13:00
Einde: 19/08/2021, 14:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Stellenbosch Forum Webinar: Die politiek van 'cool': manlike subjektiwiteite in die kuns van Donald Glover en Mohau Modisakeng.

 

Donderdag, 19 Augustus 2021

13:00 - 14:00

Registreer: https://bit.ly/3ruuLQ8

Navrae: Whitney Prins, drdcomm@sun.ac.za

ʼn MS Teams skakel sal aan deelnemers per e-pos gestuur word.

 

In 2004 stel bell hooks in haar skywe voor dat sommige mans op die geskiedenis van patriargale oorheersing en emosionele isolasie deur 'n 'politiek van 'cool'' reageer. Sy koppel die begrip van 'cool' aan die vermoë om 'eg' te wees. Hierdie word vir haar versinnebeeld deur die kwesbaarheid van Blues en Jazz-musikante wie se kuns histories 'n klaaglied vorm aangeneem het. Sy kontrasteer dit met rap en hip-hop weergawes, wat 'cool' gebruik om mans van hul gevoelens te distansieer. Of dit nou bemagtigend is of 'n vorm van verdere ontkenning, die strategieë van 'cool' is die onderwerp van hierdie gesprek. Viljoen bevraagteken hoe die politiek van 'cool' met ras en geslag kruis. Sy beskou die epistemologie van 'cool' oor verskillende verbruikersmedia. Daar word beweer dat die musiekvideo, This is America, maklike klassifikasie weerstaan, maar die konsep van 'cool' uitbrei sodat geweld ook 'n soort kwesbaarheid word, 'n uitdrukking van pyn. Die kuns van Mohau Modisakeng trek eweneens die politiek van 'cool' in die galery in en skep nuwe moontlikhede vir die sublimasie van regverdige woede. Deur iterasies van 'cool' word sekere manlike subjektiwiteite bespreek soos in spanning met die droom van dekolonisering en die transnasionale realiteit van kapitalisasie.

 

Prof Stella Viljoen

Prof Stella Viljoen het 'n MA in kunsgeskiedenis en 'n PhD in mediastudies. Sy is medeprofessor aan die Departement Visuele Kunste, waar die “cool kids" leer om buite die lyne in te kleur.