Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
WEBINAR: Navorsinsgpublikasie Praktyke (Prof Johann Mouton)
Begin: 18/08/2021, 10:00
Einde: 18/08/2021, 12:00
Kontak:Whitney Prins -
Plek: MS Teams

Navorsingspublikasie praktyke

U word hiermee uitgenooi om deel te neem aan 'n spesiale webinar om die voortdurende uitdagings van roofjoernale te bespreek - hoe om dit te herken; waarom dit wetenskap benadeel en hoe om dit te vermy. As 'n kenner van die onderwerp sal prof Johann Mouton die definisie van roofjoernale verduidelik; hoe om dit te herken en die gevolge van roofpublikasie op navorsingsloopbane en die wetenskap in die algemeen. Daarbenewens sal hy ook kortliks ander twyfelagtige publikasiepraktyke bespreek wat traksie in vakkundige uitgewery in Suid-Afrika kry.​ 

Datum: 18 Augustus 2021

Tyd: 10:00 - 12:00

Plek: Microsoft Teams

Registreer: https://bit.ly/2W2PkYb

 

ʼn MS Teams skakel sal aan deelnemers per e-pos gestuur word.
Navrae: Whitney Prins, drdcomm@sun.ac.za

 

 ---------------------------------------

Professor Johann Mouton is die direkteur van die DWI-NNS-sentrum vir Uitnemendheid in Wetenskapmetriek- en Wetenskap-, Tegnologie- en Innovasiebeleid en professor aan die Sentrum vir Navorsing oor Evaluasie, Wetenskap en Tegnologie. Hy is op die redaksie van vyf internasionale tydskrifte en is outeur of mede-outeur van 10 monografieë. Hy was ook redakteur of mede-redakteur van 9 boeke, 90 artikels in joernale en hoofstukke in boeke, hy het meer as 100 kontrak- en tegniese verslae geskryf en meer as 200 referate gelewer op nasionale en internasionale konferensies en seminare. Hy het meer as 60 werkswinkels oor navorsingsmetodologie, nagraadse studieleiding en bibliometrie aangebied en toesig gehou oor meer as 90 doktorale en meestersgraadstudente. Hy het twee pryse van die Akademie vir Wetenskap en Kuns in SA ontvang, waaronder een vir sy bydrae tot die bevordering van navorsingsmetodologie in SA. In 2012 is hy verkies tot die Raad van die Akademie vir Wetenskap van SA. In 2020 is hy in die tweede uitgawe van ASSAf se publikasie The Legends of South African science gelys.

Sy navorsing tans sluit in aspekte van roofuitgewery, befondsing van wetenskap in Afrika, die mobiliteit van Suid-Afrikaanse doktorsgraadstudente en die stand van kennisproduksie aan Suid-Afrikaanse universiteite.​