Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Het jy 'n innoverende wetenskapsgebaseerde idee?
Begin: 21/09/2021, 14:00
Einde: 21/09/2021, 16:30
Kontak:Leana Kotze -
Plek: Online / Aanlyn

Die Universiteit Stellenbosch se LaunchLab bied 'n wetenskapsgeoriënteerde vertoonvenster van idees en beginondernemings aan in vennootskap met die US se Fakulteit Natuurwetenskappe en Alphawave. Hierdie geleentheid sal 8 – 10 van die beste kommersieel vatbare idees en bestaande besighede van oor die kontinent belig wat fokus op die verskaffing van wetenskapsgebaseerde oplossings vir Afrika-uitdagings.

Die wenspanne sal prysgeld ontvang, asook toegang kry tot mentorsessies en gefokusde werksessies. Hulle sal selfs kan deel wees van Februarie 2022 se kohort van Countdown, die US LaunchLab se vlagskip ontwikkelingsprogram. 

Klik hier vir meer inligting​: https://launchlab.co.za/events/science-idea-startup-showcase/

Sperdatum vir inhandiging van idees is 29 Augustus 2021.