Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnodiging na die aanlyn werksessie “Publishing in changing times”
Begin: 27/07/2021, 12:00
Einde: 27/07/2021, 14:00
Kontak:Claudia Swart - 0218084503
Plek: Online

Vind asseblief onder 'n uitnodiging na die aanlyn werksessie “Publishing in changing times" as deel van die streekswye Verlengde Graadprogram- (VGP-)inisiatiewe van die universiteite van Stellenbosch, Wes-Kaapland, Kaapstad en die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie. Stuur gerus ook die uitnodiging aan ander kollegas – enigeen is welkom om in te skakel.

WERKSESSIE: “Publishing in changing times"

AANBIEDER: Prof Crain Soudien

DATUM EN TYD:  DINSDAG 27 Julie 2021, 12:00-14:00

Bio:

Prof Crain Soudien spesialiseer in Opvoedkunde en Afrikastudie aan die Universiteit van Kaapstad (UK), Suid-Afrika, en die Staatsuniversiteit van New York, Buffalo. Hy is 'n emeritus professor in Opvoedkunde en Afrikastudie, die voormalige uitvoerende hoof van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing, en beklee 'n ere-amp by Nelson Mandela Universiteit. Hy is ook 'n voormalige viserektor van transformasie van die UK. Hierdie A-gegradeerde navorser het 'n omvattende publikasiegeskiedenis op die gebied van sosiologie, opvoedkundige beleid en verandering, vergelykende opvoedkunde, openbare geskiedenis en populêre kultuur. Hy het 220 artikels, boekhoofstukke en boekresensies gepubliseer, vier boeke uitgegee en ses boeke saamgestel. Hy is die voorsitter van die Onafhanklike Eksamineringsraad, voormalige voorsitter van die Distrik Ses-museumstigting, en 'n voormalige voorsitter van die Wêreldraad vir Vergelykende Opvoedkundeverenigings. Boonop was hy die voorsitter van die ministeriële kommissies van ondersoek oor transformasie in die hoër onderwys, en handboek-evaluering. Prof Soudien is 'n genoot van die Internasionale Akademie vir die Opvoedkunde en die Afrikawetenskapakademie, 'n lid van die Suid-Afrikaanse Wetenskapakademie, en 'n senior genoot van NORRAG, 'n program van die Nagraadse Instituut Genève. 

BESKRYWING VAN WERKSESSIE:

Hierdie werksessie nooi navorsers van alle instellings om nuut te dink oor opvoedkundige ondersoek in die hedendaagse Suid-Afrika. Prof Soudien sal unieke insig bied in die publikasiewêreld, nie net as 'n onderwyskenner van die UK se Fakulteit Opvoedkunde nie, maar ook op grond van sy kernrol by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing. Die interaktiewe sessie sal vier spesifieke skryfprojekte as gevalle bestudeer om gesprek en praktiese besinning oor navorsingskryfwerk, kritiese beoordeling en ander kwessies aan te moedig. Lees gerus ook prof Soudien se jongste gedagtes in sy artikel “The role of South Africa's social scientists in COVID-19 responses: why it matters", wat op The Conversation verskyn het. Die stuk werp lig op navorsers se betrokkenheid en bydraes in die huidige klimaat.  

Klik hier om vir die werksessie te registreer: https://forms.gle/MbS2srkqyu6H1ZcW7

Sluitingsdatum vir registrasie: 25 Julie 2021