Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Onderrig- en Leernavorsingseminaar, 5 Julie 2021 (Prof. Kathy Luckett)
Begin: 05/07/2021, 14:00
Einde: 05/07/2021, 15:30
Kontak:Dr Karin Cattell-Holden - 0218084507
Plek: MS Teams

Onderrig- en Leernavorsingseminaar, 5 Julie 2021 

Spreker:  Prof. Kathy Luckett

 

Die Universiteit Stellenbosch Onderriggenote nooi graag die onderrig- en leergemeenskap van die Universiteit na 'n virtuele navorsingseminaar deur prof. Kathy Luckett (Universiteit van Kaapstad) op Microsoft Teams.

Prof. Luckett sal 'n aanbieding oor kritiese realisme en die rol van refleksie in onderrig en leer in hoër onderwys doen. Sy sal op Margaret Archer se konsep van meta-refleksiwiteit (sien verwysing op vorige bladsy) met betrekking tot die dekolonialisering van die kurrikulum fokus en die toepassing van die teorie deur middel van praktiese voorbeelde demonstreer. 

Prof. Luckett sal vir ongeveer 30 minute praat waarna daar ruim tyd vir vrae en bespreking sal wees.

Datum:  5 Julie 2021

Tyd:  14:00 – 15:30

Skakel vir die Microsoft Teams vergadering:  Click here to join the meeting

Ter voorbereiding vir die seminaar kan u na die volgende artikel en hoofstuk kyk:

  • Luckett, K. 2016. Curriculum contestation in a post-colonial context: a view from the South. Teaching in Higher Education, 21(4): 415-428.

https://www.tandfonline.com/doi/pdf/10.1080/13562517.2016.1155547?needAccess=true

  • Luckett, K., Morreira, S. & Baijnath, M. 2019. Decolonizing the Curriculum: Recontextualization, Identity and Self-critique in a Post-apartheid University. In Quinn, L. (red.). Reimagining Curriculum: Spaces for Disruption. Stellenbosch: African Sun Media. Pp. 23–44.

Prof. Kathy Luckett is Direkteur van die Humanities Education Development Unit, professor in die Centre for Higher Education Development, en mede-personeellid van die Departement Sosiologie aan die Universiteit van Kaapstad. Sy doseer en begelei in die Masters in Higher Education Studies in die School of Education en in die Departement Sosiologie. Haar navorsingsbelangstellings is: hoëronderwysbeleid oor gelykheid, toegang en taal; sosiologie van kennis en kurrikulumstudies met 'n fokus op die Geesteswetenskappe, Afrikana, dekoloniale en postkoloniale studies, en navorsingsmetodes wat sosiale realisme op onderrigverwante evaluering toepas.

Meer inligting oor publikasies deur prof. Luckett is beskikbaar by

https://scholar.google.com/citations?user=w41PoXIAAAAJ&hl=en .

Navrae: Karin Cattell-Holden (kcattell@sun.ac.za)