Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
PIAD – Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling: 30 Junie 2021
Begin: 30/06/2021, 13:00
Einde: 30/06/2021, 14:00
Kontak:Ricky Brecht - 021 808 3660
Plek: WednesdayArtTalkabout

WOENSDAG-KUNSGESPREK: US Museum

“PIAD – Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling"

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi jou uit na ʼn Woensdag-kunsgesprek tussen Ricardo Peach en Angela de Jesus oor PIAD – die Program vir Innovasie in Kunsvormontwikkeling.

PIAD is ʼn kunste-ontwikkelingsprogram wat fokus op hoe tegnologie, interdissiplinêre navorsing en eksperimentele kuns met gemeenskappe kan skakel en ʼn invloed daarop uitoefen. PIAD fokus op die ondersteuning van interkulturele, eksperimentele kunsprogramme wat die Suid-Afrikaanse samelewing kreatief kan transformeer. PIAD is ʼn inisiatief van die Universiteit van die Vrystaat (UV), in vennootskap met die Vrystaat Kunstefees, wat deur die Mellon-stigting (The Andrew W. Mellon Foundation) ondersteun word.

Afbeelding met vergunning van die kunstenaar en die UV: Cigdem Aydemir, Plastic Histories, 2014. ​

Klik op die volgende skakel om te registreer:

WednesdayArtTalkabout