Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Navorsingsindaba Reeks
Begin: 19/07/2021, 10:00
Einde: 25/10/2021, 12:00
Kontak:whitney prins -
Plek: MS Teams

​Die doel met die Indaba is om 'n geleentheid te skep waar navorsers regoor die tien fakulteite aan die US saam kan praat en verskillende opinies kan uitspreek rondom temas van gemeenskaplike belang.

Hierdie jaar se tema fokus op sleuteloorwegings wat navorsers tydens die kennisproduksieproses in gedagte moet hou. Die Indaba word in drie afsonderlike sessies aanlyn aangebied en fokus op navorsingsintegriteit, navorsingspublikasiepraktyke en die bestuur van navorsingsdata. Elke sessie sal 'n aanbieding deur US-kundiges in die veld insluit, asook 'n geleentheid om die US-ondersteuningstrukture te bespreek wat verband hou met hierdie onderwerpe. Navorsers sal ook die geleentheid kry om hul ervarings en menings oor hierdie onderwerpe te deel.

Ons vertrou dat hierdie 'n platform vir dinamiese besprekings sal bied!

 

19 Julie 2021 - navorsingsintegriteit

18 Augustus 2021 - navorsingspublikasie praktyke

25 Oktober 2021 – navorsingsdatabestuur

 

Die sessies sal vanaf 10:00 tot 12:00 plaasvind. Meer inligting oor elke sessie en hoe om te registreer sal nader aan die tyd geadverteer word.