Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Boekbekendstelling: Health in Transition: Translating developmental origins of health and disease science
Begin: 10/06/2021, 16:30
Einde: 10/06/2021, 17:30
Kontak:Wikus van Zyl - 021 201 0071
Plek: Stellenbosch

​Sluit gerus by ons aan vir die premier boekbekendstelling van Health in Transition: Translating developmental origins of health and disease science to improve future health in Africa.

By STIAS sluit die 'Health in Transition' tema 'n program in om die toename in nie-oordraagbare siektes soos Tipe 2 diabetes, hipertensie, vetsug, koronêre hartsiekte en beroerte in Afrika aan te spreek. Die doel is om bewustheid, navorsingskapasiteit en kennisoordrag van wetenskap soos dit verband hou met DOHaD uit te lig as 'n metode om nie-oordraagbare siektes in toekomstige generasies te verhoed.

Hierdie volume som die kundigheid en ondervinding van 'n groep internasionale wetenskaplikes op wat deur Abdallah Daar bymekaar gebring is by STIAS as deel van die 'Health in Transition' program.