Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Museum: OOP GESPREKKE: 23 Junie 2021
Begin: 23/06/2021, 15:00
Einde: 23/06/2021, 16:00
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

OOP GESPREKKE

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na ʼn bespreking oor:

“Langs die verskuiwingslyne van die generasiejeugstryd: Oor die kwesbaarheid van die Suid-Afrikaanse jeug in die arbeidsmark"

Aanbieders:

Prof John Volmink 

Prof Volmink begin sy akademiese loopbaan aan die Universiteit van die Wes-Kaap (UWK), en in 1988 behaal hy sy PhD in wiskunde-onderwys aan Cornell Universiteit. Hy speel ʼn leiersrol in die tranformasie van opvoeding en is betrokke by die kurrikulumhervorming in post-apartheid Suid-Afrika. Tans is prof Volmink betrokke by die Ubuntu Leiersakademie in Portugal en verskeie ander lande.

Mnr Anthony Martin Andrews 

Mnr Andrews is 'n vorige speaker van die Studenteparlement van die Universiteit Stellenbosch. In 2020 is hy gekies om die 'African Leaders on the Move Programme', by te woon. Mnr Andrews is ʼn lid van die Afrika-tak van die Ubuntu Leiersakademie en die Ubuntu Globale Netwerk by IPAV (Instituto Padre António Vieira) in Lissabon, Portugal, en in verskeie ander lande.

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator van Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid)

Datum:                       Woensdag 23 Junie 2021

Tyd:                             15:00 SAST

Virtuele platform:      USMuseumJustConversations