Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Asem in en asem uit: Lees- en skryfmarathon
Begin: 27/05/2021, 09:00
Einde: 31/05/2021, 16:00
Kontak:Selene Delport - 021 808 2947
Plek: Online via MS Teams

​Lees is soos om in te asem en skryf is soos om uit te asem.

Soms is dit moeilik om genoegsame tyd opsy te sit om te lees of skryf en ʼn skrywer kan maklik momentum verloor. Om jou te help om weer momentum op te tel, bied die Skryflab, in samewerking met die Leeslab, ʼn lees- en skryfmarathon aan. Die leesmarathon sal op 27 Mei plaasvind om jou te help voorberei vir die skryfmarathon op 31 Mei. 

Indien jy die lees- en skryfmarathon wil bywoon, kontak asseblief vir Selene Delport (selene@sun.ac.za). Slegs 20 deelnemers kan in die marathon geakkommodeer word. 

Die marathon vind aanlyn plaas.