Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Museum: OOP GESPREKKE: 18 Mei 2021
Begin: 18/05/2021, 13:00
Einde: 18/05/2021, 14:00
Kontak:Prof Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

​Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na ʼn bespreking oor: “Museums in ʼn wêreld ná Covid"

Me Bonita Bennett (Navorsingsgenoot, Distrik Ses-museum)

Bonita Bennett is tans ʼn PhD-kandidaat aan die Universiteit van Pretoria en ʼn navorsingsassosiaat by die Distrik Ses-museum in Kaapstad, Suid-Afrika, waar haar werk fokus op die verkenning van die verskuiwingslyne tussen geheue en erfenis. Sy is reeds 12 jaar lank die direkteur van die Museum en was voorheen hoof van die argief.

Me Annemies Broekgaarden (Hoof: Opvoeding en Openbare Programme, Rijksmuseum)

Annemies Broekgaarden het haar loopbaan in 1999 begin as die hoof van die Tropenmuseum Junior. Haar vaardighede in kommunikasie, bestuur, internasionale projekbestuur en kulturele antropologie het haar uiteindelik na die Rijksmuseum in Amsterdam gelei. Annemies is deel van die bestuurspan van die Rijksmuseum en is verantwoordelik vir opvoeding, interpretasie, akademiese programme, diversiteit en inklusiwiteit, en digitale leer.

Datum:                       Dinsdag 18 Mei 2021

Tyd:                             13:00

Virtuele platform:      MS Teams

Aanbieders:

Me Bonita Bennet (Navorsingsgenoot, Distrik Ses-museum)

Me Annemies Broekgaarden (Hoof: Opvoeding en Openbare Programme, Rijksmuseum)

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar (Kurator van Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid, Universiteitsmuseum)

Klik op die volgende skakel om deel te neem aan die bespreking op 18 Mei om 13h00:

 StellenboschUniversitymuseum\Justconversations