Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Skoolleierskap en die Skep van Produktiewe Leerruimtes in Skole Boekbekendstelling
Begin: 04/05/2021, 17:00
Einde: 04/05/2021, 18:00
Kontak:African Sun Media - 021 201 0071
Plek: Stellenbosch

​Hierdie boek dien as 'n hulpbron of roetekaart vir enige student, opvoeder, onderwysdistrikspersoneel of enige ander persoon wat by die onderrig en opvoeding van mense betrokke is en na verbeterde leeruitkomste streef. Leer- en onderrigprosesse vind binne bepaalde leerruimtes of leeromgewings plaas, en elk van hierdie ruimtes het 'n unieke karakter asook potensiaal wat wag om ontsluit te word. Onderrig of die oordrag van kennis kan in byna enige ruimte soos 'n klaskamer, laboratorium, tuin of onder 'n boom plaasvind. Ongeag op watter ruimte daar vir leer en onderrig besluit word, daar moet deurgaans fyn besin word oor hoe om die potensiaal wat in die verskillende leerruimtes opgesluit lê in die beste belang van die leerders of studente te ontsluit aangesien dit 'n direkte invloed op die leeruitkomste en akademiese prestasies kan uitoefen. Sluit gerus by die funksie aan: https://us02web.zoom.us/webinar/register/WN_ypewMOktQK2HxOIzKcK_rg