Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US Museum: OOP GESPREKKE: 05 Mei 2021
Begin: 05/05/2021, 13:00
Einde: 05/05/2021, 14:00
Kontak:Dr Geraldine Frieslaar - 021 808 2002
Plek: MS Teams

​OOP GESPREKKE

Die Stellenbosch Universiteitsmuseum nooi u uit na ʼn bespreking oor:

“Werkers se stryd te midde van stygende werkloosheid in Suid-Afrika"

Dr Edward Cottle (Nadoktorale Genoot, SWOP Instituut)

Dr Eddie Cottle is tans 'n nadoktorale genoot aan die Society, Work and Politics Instituut (SWOP) van die Universiteit van die Witwatersrand.  Hy is die voormalige hoof van die eenheid vir kollektiewe bedinging by die Labour Research Service en was die beleids - en veldtogbeampte vir die Building and Wood Workers' International (BWI), Afrika en die Midde‑ Ooste.

Mnr Karl Cloete (Gemeenskapsaktivis)

Karl Cloete het ʼn lang loopbaan as ʼn gemeenskapsaktivis op die gebied van arbeidsverhoudinge en 'n kampvegter vir werkersregte. Vroeër in sy loopbaan het Cloete as ʼn veldwerker en navorser vir die Stadsbeplanningskommissie van Kerke gewerk.

Datum: Woensdag, 5 Mei 2021

Tyd: 13:00

Virtuele platform: Teams

Aanbieders:

Dr Edward Cottle

(Nadoktorale Genoot, SWOP Instituut)

Mnr Karl Cloete

(Gemeenskapsaktivis)

Moderator:

Dr Geraldine Frieslaar

(Kurator vir Navorsing, Dialoog en Maatskaplike Geregtigheid, US Museum)


Klik op die volgende om op 05 Mei in te skakel: 

StellenboschUniversitymuseum\Justconversations