Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
COVID-variante, entstowwe en Afrika se openbare gesondheidsektor
Begin: 15/04/2021, 18:00
Einde: 15/04/2021, 19:00
Kontak:Wiida Fourie-Basson - 021 808 2684
Plek: MS Teams meeting

Universiteit Stellenbosch Alumniverhoudings en die Fakulteit Natuurwetenskappe nooi u vriendelik uit na ons eerste wetenskapskafee vir 2021 met Prof Tulio de Oliveira oor "COVID-variante, entstowwe en Afrika se openbare gesondheidsektor".

Prof De Oliveira is 'n bioinformatikus en direkteur van die KZN Research Innovation and Sequencing Platform (KRISP) by die Universiteit van KwaZulu-Natal. Sy identifisering van 'n nuwe variant van SARS-CoV-2 in Suid-Afrika het aanleiding gegee tot die ontdekking van nuwe variante in die res van die wêreld.

Die gesprek sal gelei word deur Prof Hugh Patterton, Direkteur van die Sentrum vir Bioinformatika en Berekeningsbiologie by die Universiteit Stellenbosch.

Klik hier om hierdie geleentheid by jou kalender te voeg

Die Stellenbosch wetenskapskafee is 'n inisiatief van die US se Fakulteit Natuurwetenskappe om openbare gesprekke oor wetenskaplike kwessies aan te moedig, in 'n taal wat almal kan verstaan.