Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
UBUNTU-DIALOË Webinaar: 13 April 2021
Begin: 13/04/2021, 15:00
Einde: 13/04/2021, 17:00
Kontak:Marietjie Oelofsen - 021 808 3898
Plek: ZOOM

​UBUNTU DIALOGUES 

Rethinking Dialogue: Rethinkng Museum

Titel: Toe bekoorlikheid van Afrika was: Etta Moten Barnett en ras, gender en beroemdheid in die swart vryheidstryd, 1945-1970

In die 1950s, het Afro-Amerikaanse sanger en aktrise, Etta Moten, die wêrelde van Afrika en die Amerikas byeengebring deur haar radioprogram, I remember when. Tegnologie blyk irrelevant te wees vir Pan-Afrikanisme, maar radio, die druk- en filmwese en televisie het saamgesmelt met die eeu-oue tegnologieë van orasie en opvoering in die era van dekolonisering en burgerlike regte. My navorsing kyk na vroue dwarsoor die Afrika-diaspora wat hierby betrokke geraak het om uitdrukking te gee aan hulle solidariteit met die wêreldwye swart vryheidstryd, om hulle rol as aktiviste bloot te stel en om die onsigbare stemme (primêr dié van vroue) sigbaar te maak in die kakofonie van internasionale betrekkinge en Koue-oorlogdiplomasie.

Aanbieder se biografie:

Me Angela Tate

Angela Tate is ʼn PhD- student in Geskiedenis aan die Northwestern Universiteit, waar haar tesis fokus op die kruispunt van ras, gender, popkultuur en die Pan-Afrikanistiese politiek van die 20e eeu. Haar navorsing oor vroue en gender deur die lens van die Afrika-diaspora put uit versamelings van veelvoudige instellings oor die wêreld heen. Haar ervaring in museums en met argiefstukke gee vorm aan haar toewyding om die gaping tussen die openbare, kulturele erfenisinstellings en die akademie te oorbrug, want sy ervaar geskiedenis as ʼn instrument om die grense van geheue en plek te bemagtig, opnuut voor te stel en uit te brei om ʼn stem te gee aan gemarginaliseerde gemeenskappe.

Respondent se biografie:

Uhuru Portia Phalafala

Uhuru Portia Phalafala (PhD, UCT) is ʼn dosent in die Departement Engels by die Universiteit Stellenbosch. Sy is ʼn argivaris van swart kulturele produksie en ʼn versamelaar van jazz-plate. Haar navorsingsbelangstellings is materiële kulture, swart argiefstukke, anti-apartheids- en anti-koloniale bewegings, kulturele bane in die tyd van die Koue-oorlog en swart internasionalisme. Sy is tans besig om haar boekprojek oor swart radikale tradisies in die suide te voltooi.

Dinsdag, 13 April 2021
9:00 - 11:00 vm EST (3:00 - 5:00 nm Suid-Afrika tyd)
KLIEK HIER om te registreer​

https://msu.zoom.us/webinar/register/WN__PXuweJgSg2XlUH88G-nrw

Vir meer inligting kontak:

Upenyu Majee/ Michigan State University

majeeupe@msu.edu

Marietjie.Oelofsen / Stellenbosch University

hmoelofsen@sun.ac.za

 Ubuntu-dialoë is ‘n uitruilprojek tussen Michigan State University in die Verenigde State van Amerika en die Universiteit Stellenbosch in Suid-Afrika.​