Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woensdag kunsgesprek
Begin: 31/03/2021, 13:00
Einde: 31/03/2021, 14:00
Kontak:US Museum - 021 808 3695
Plek: MS Teams

​Uitnodiging na 'n Woensdag‑kunsgesprek

Acquisition List

S'nothile Gumede

 Die Universiteit Stellenbosch Museum nooi jou uit na 'n Woensdag-kunsgesprek tussen dr Ernst van der Wal (hoof van die Departement Visuele Kunste, Universiteit Stellenbosch) en S'nothile Gumede, in gesprek oor die uitstalling/kuratoriese ingryping Acquisition List 2021 onder kuratorskap van S'nothile Gumede, wat tans in die Universiteit Stellenbosch Museum te sien is.

Die uitstalling getiteld Acquisition List is 'n institusionele kritiek op die Beeldende Kunste-versameling van die Universiteit Stellenbosch Museum en word beskou as 'n praktiese metode waarmee leemtes in die Museum se permanente kunsversameling aangepak word. Die uitstalling gebruik hierdie kuratoriese ingryping as vertrekpunt om die kurator se rol in die aanspreek van ongelykheid te ondersoek.

 Datum: Woensdag, 31 Maart 2021

Tyd: 13:00 – 14:00

Digitale platform: Teams

Volg die program deur op die volgende te druk op die 31 Maart om 13h00.

 WednesdayArtTalkaboutAcquisitionList