Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Meetkunde, robotte en die samelewing
Begin: 05/10/2020, 16:00
Einde: 05/10/2020, 17:00
Kontak:Dr Karin-Theresa Howell -
Plek: Online / Aanlyn

​Wiskundiges én nie-wiskundiges word vriendelik uitgenooi om hierdie praatjie van Prof Federico Ardila van die San Fransicso Staatsuniversiteit by te woon, aangebied deur die Afrika-vroue in Wiskunde seminaar.

Meer oor die praatjie

Hoe beweeg ons 'n robot doeltreffend vanaf een posisie na 'n ander? Om hierdie vraag te beantwoord, moet ons eers die omvang van alle moontlike posisies van die robot verstaan deur gebruik te maak van tegnieke in meetkunde en kombinatorika. Ons moet egter ook belangrike etiese vrae, veral vir ontwikkelende lande, in ag neem, naamlik: hoe kan ons wiskunde só toepas dat dit tot ons samelewing se voordeel is?

Meer oor die spreker

Federico Ardila het sy doktorsgraad by die Massachusetts Instituut vir Tegnologie verwerf, en is tans professor in wiskunde by die San Francisco Staatsuniversiteit. Hy is 'n Genoot van die American Science Foundation, en lei verskeie inisiatiewe in die VSA en Colombië om meer diverse, gelyke en menslike wiskundige gemeenskappe te vestig. Hy was studieleier vir 50 nagraadse studente, waarvan die helfte vroue studente was. Frederico is ook 'n DJ en perkussie-speler en geniet dit om die musikale dialoog tussen Latyns Amerika en Afrika te vier. 

Registreer by ​​https://forms.gle/tQV2cZBB1EdwXN7B7