Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
COVID-19: In die frontlinie
Begin: 14/09/2020, 17:00
Einde: 14/09/2020, 18:30
Kontak:Ruhann Botha -
Plek: Aanlyn | Online

Jy word genooi om in te skakel vir 'n aanlyn praatjie oor COVID-19 deur gesondheidsberoepslui wat in die frontlinie werk. Die geleentheid vind plaas op Maandag 14 September 2020 van 17:00 tot 18:30.

Sluit by ons aan om van frontliniegesondheidswerkers self oor hulle eie ervarings sowel as hulle mening oor sekere omstrede onderwerpe in die stryd teen die pandemie, waaronder die verbod op alkohol, te hoor. Sprekers sluit die volgende gesondheidsberoepslui van Tygerberghospitaal en die Universiteit Stellenbosch se Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe in:  

  • Prof Coenie Koegelenberg & Dr Usha Lalla – pulmonologie en waakeenheid
  • Prof Keymanthri Moodley – mediese etiek
  • Prof René English & dr Ziyanda Vundle – publieke gesondheid 
  • Prof Angela Dramowski – infeksievoorkoming en -beheer
  • Prof Wolfgang Preiser – virologie
  • Prof Elmin Steyn – traumachirurgie

RSVP: Stuur 'n e-pos na alumni@sun.ac.za
Kalender: KLIK HIER om die geleentheid in jou dagboek te voeg.

Sodra jou deelname bevestig is, sal ons die skakel na die aanlyn gespreksplatform aan jou stuur.


Ons hoop om jou daar te sien.