Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Ter viering van die vrou saam met die SU Jazz-orkes
Begin: 20/09/2020, 16:00
Einde: 27/09/2020, 23:30
Kontak:Fiona Grayer - 0218082358
Plek: Online

Die Endler Konsertreeks bied graag die Universiteit se Jazzorkes onder leiding van Felicia Lesch, met pianis Ramon Alexander, vokaliste Anneli Kamfer en Zinzi Carolissen, en die digkuns van Jolyn Phillips.

Die konsert is 'n fondsinsamelingsinisiatief vir die Werksentrum vir benadeelde volwassenes – 'n gereelde vennoot van die ensemble. Donasies kan via SnapScan of via EFT gedoen word. 

Lesch is 'n geesdriftige ondersteuner van musiek as werktuig vir sosiale kommentaar deur middel van die Jazz-ensemble van die Sertifikaatprogram. Dié voorgraadse program van die Musiekdepartement wat lede van die gemeenskap voorsien van musikale lees- en speelvaardighede, ten einde toelating te kan verkry tot BMus- of Diplomaprogramme op tersiêre vlak.

Die konsert laat de soeklg val op plaaslike kunstenaars, en bewerkings van Mike Campbell se Bra Ben, Doug Armstrong se Rio de Heusos en Bheki Mselekhu se Vukani, deur Claire Rontsch. Zinzi Carolissen en Ramon Alexander sal ook van hulle eie komposisies uitvoer.  

Die gaskunstenaar Ramon Alexander het jazz-klavieronderrig by Merton Barrow tydens die Jazz-werkswinkel in Kaapstad  ontvang, en het reeds met verskeie Suid-Afrikaanse jazz-musici soos Robbie Jansen, Errol Dyers, McCoy Mrubata, Mark Hauser, Tuur Forizone  en Frank Paco se Art Ensemble, saamgwerk. Hy het reedsdrie albums vrygestel: Picnic at Kontiki (2011) en Echoes from Louwskloof (2015). In 2018 is sy Cape Jazz Piano deur  Mountain Records vrygestel.

Jazz-vokaliste Anneli Kamfer en Zinzi Carolissen is beide oudstudente van die Setifikaatprogramme, en sorige sangers van die Jazz-orkes. Anneli was ook lid van Manouche, en volg nou 'n loopvaan as solis, terwyl Zinzi tans studeer aan die Berkeley College of Music in Boston.

Digter Jolyn Phillips is die hhouer van 'n Meestersgraad in Skeppende skryfkuns, en tans besig met 'n doktorale studie op dié veld. Haar kortverhhale en gedigte is reeds wyd gepubliseer. Haar debuutversameling, Tjieng Tjang Tjerries, is vir die Woordfees 2018 aangepas in samewerking met Kleisand Produksie. Haar mees onlangse boek, Bientang, het in Julie 2020 verskyn.

Die Universiteit van Stellenbosch se Jazz-orkes is bekend vir hullle dinamiese konserte, en het reeds met verskeie plaaslike jazz-kunstenaars soos Sibongile Khumalo, Gloria Bosman, Amanda Strydom, Judith Sephuma, en Tutu Puoane, opgetree.

Die konsert word ook ruim ondersteun deur SAMRO en ConcertsSA, en sal uitgesaai word op Sondag 20 September om 4nm,  en sal aanlyn beskikbaar wees tot  Sondag 27 September.