Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
#SmartResearcher Biblioteek webinars in September
Begin: 27/08/2020, 12:00
Einde: 30/09/2020, 12:00
Kontak:Marié Roux - 0218089917
Plek: Online webinar

Bespreek gerus vir die webinars wat gedurende September deur die Biblioteek aangebied word as deel van die #SmartResearcher reeks.

Die volgende diverse onderwerpe sal onder meer aangebied word: Hoe om jou literatuursoektogte te verbeter, Oop Toegang publikasie, die bestuur van jou unieke outeursidentiteit met behulp van ORCID, besluitneming oor waar om jou navorsingsartikel te publiseer, die oplaai van jou tesis tot SUNScholar en hoe om jou impak as navorser te verbeter.

Sien asseblief die volledige program en die skakels om te registreer hier: https://sun.ac.za.libcal.com/calendar/stb.