Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US bibliotekarisse tree internasionaal op
Begin: 13/08/2020, 16:00
Einde: 13/08/2020, 17:15
Kontak:Bronwyn Bruton - 021-808 9528
Plek: Online

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens aan die Universiteit Stellenbosch (US) gaan voort om diep spore te trap, plaaslik sowel as internasionaal. Die Senior Direkteur, Me Ellen Tise, gaan 'n paneellid wees in 'n webinaar van die Verenigde Nasies en Me Naomi Visser mede-aanbieder van 'n Elsevier Library Connect webinaar. Albei aanbiedings vind plaas op Donderdag 13 Augustus 2020 om 16:00 – 17:15 SAST.

Me Tise se deelname sal handel oor die rol wat Suid-Afrikaanse biblioteke speel in die stryd teen vals inligting, veral in die tyd van COVID-19. Me Visser sal beste praktyke deel vir die versekering van ononderbroke toegang tot navorsingsdienste en -bronne tydens die COVID-19 ontwrigtings. Me Tise se mede-paneellede is Me Melissa Fleming (hoof van die VN se departement van wêreldwye kommunikasie), Dr Dilara Begum (medeprofessor en voorsitter in die departement inligtingstudies en biblioteekbestuur, East-West University, Bangladesj), prof Jonathan Hernández (Biblioteek- en inligtinginstituut, Nasionale Outonome Universiteit van Meksiko) en mnr Stephen Wyber (bestuurder van beleid en voorspraak, Internasionale Federasie van Biblioteekverenigings (IFLA)). Die hoofbibliotekaris van die VN se Dag Hammarskjöld Biblioteek, mnr Thanos Giannakopoulos, sal modereer.

Registreer hier vir die VN Biblioteek webinaar en hier vir die Elsevier webinaar.​