Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
"Grense, Identiteit en Heimat": In gesprek met Mark Gevisser en Suketu Mehta
Begin: 13/03/2020, 16:00
Einde: 13/03/2020, 17:30
Kontak:Dr Marenet Jordaan - 021 808 2625
Plek: Department of Journalism, 26 Crozier Street

​The Departement Joernalistiek bied op Vrydag 13 Maart (16:00-17:30) 'n gesprek aan oor "Grense, Identiteit en Heimat" met skrywers Mark Gevisser en Suketu Mehta.

Toegang is gratis, maar bevestig asseblief u bywoning per e-pos teen 9 Maart (marenet@sun.ac.za).

Mark Gevisser is 'n toonaangewende Suid-Afrikaanse joernalis en outeur van Thabo Mbeki: The Dream Deferred en Lost and Found in Joha​nnesburg: A Memoir. Sy werk word wyd gepubliseer in onder meer die Mail & Guardian en die New York Times Magazine. Sy jongste boek, The Pink Line: Journeys Across the World’s Queer Frontiers, word in Mei 2020 bekendgestel.​ 
(www.markgevisser.com)

​Suketu Mehta is 'n medeprofessor van Joernalistiek aan die New York University en outeur van Maximum City: Bombay Lost and Found. Sy werk word wyd gepubliseer in onder meer die tydskrif Time en die New York Times. Sy jongste boek, This Land is Our Land: An Immigrant’s Manifesto, is in 2019 bekendgestel.
(www.suketumehta.com) ​

Moontlik gemaak deur ondersteuning van die Skrywersfees van die Toyota US Woordfees.