Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Opedag
Begin: 29/02/2020, 08:00
Einde: 29/02/2020, 15:00
Kontak:Ilze Gelderblom - 021 808 9525
Plek: CGW Schumanngebou / Building

​Die Universiteit Stellenbosch se jaarlikse Opedag bied die ideale geleentheid vir graad 12-leerders om inligting oor studiegeleenthede, finansiële hulp, huisvesting en die Matie-studentelewe te bekom.

Die Opedag vind op Saterdag, 29 Februarie van 08:00 tot 15:00 op die Stellenbosch- en Tygerbergkampusse plaas.

Besoekers aan die Stellenbosch-kampus het die opsie om hul ontdekkingstog by die verwelkomingsareas op óf die Rooiplein óf in die Coetzenburgsentrum – waar sommige fakulteite gaan uitstal – te begin. 'n Pendeldiens is op die dag tussen die Rooiplein en die Sentrum beskikbaar.

  • Vir verdere inligting, insluitend die volledige Opedagprogram met tye en plekke, asook die Stellenbosch-kampuskaart, kliek hier​.

  • Vir die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe se program van algemene inligtingsessies deur die dekaan, kliek hier.