Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin
Begin: 28/04/2020, 12:45
Einde: 28/04/2020, 13:45
Kontak:Juanita Layman - 021 808 3717
Plek: MS Teams

​SOL Auxin Sessie

Aangebied deur: Dr Maricel Krügel (Dept Voedselwetenskap)
28 April 2020, 12:45 – 13:45
MS Teams

Titel van AanbiedingAanlyn onderrig en die ontwerp daarvan

Kort Biografie van aanbieder: Maricel is ‘n dosent in die US Departement Voedselwetenskap.  Sy doseer en doen navorsing oor die ontwikkeling van nuwe kosprodukte. Sy het gewerk by die Universiteit van die Wes-Kaap en by die Cape Peninsula University of Technology voor sy teruggekom het na die Universiteit Stellenbosch en die department waar sy haar Ph D verwerf het. Maricel stel belang in verskeie aspekte van leer en onderrig en is deel van die 2020 klas in die US Kortkursus oor die Akademieskap van Opvoedkundige Leierskap (“SoEL”).

Opsomming (“Blurb”): Skielik moet ons almal ons onderrig ontwerp vir aanlyn leer tydens nasionale inperking.  Dit kan ‘n uitdaging wees, veral as jy in ag neem dat studente op verskillende maniere leer.  Ons probeer om ‘n aangename aanlyn ondervinding vir ons studente te bied sodat hulle betrokke raak en deelneem, sonder dat ons daar is in die klas soos gewoonlik, saam met hulle.  Heelwat vrae duik op: Hoe verseker ons konstruktiewe belyning (constructive alignment), noudat ons anders moet dink oor die uitkomste en die assessering daarvan? Watter aanlyn aktiwiteite kan ons kies, en hoeveel, sodat studente nie oorweldig word nie, en sodat dit steeds interessant is en binne die leer-ure inpas? 

Artikels: 

Laurillard, D. (2008). The teacher as action researcher: using technology to capture pedagogic form. Studies in Higher Education, 33, 139–154. https://srhe.tandfonline.com/doi/pdf/10.1080/03075070801915908?needAccess=true

Laurillard, D., Kennedy, E., Charlton, P., Wild, J. & Dimakopoulos, D. (2018). Using technology to develop teachers as designers of TEL: Evaluating the learning designer. British Journal of Educational Technology, 49, 1044-1058.

https://onlinelibrary.wiley.com/doi/pdf/10.1111/bjet.12697


Vir meer inligting en vir RSVP kontak gerus Juanita Layman
021 808 3717

Indien u nie meer die AUXIN kan bywoon nie, versoek ons dat u asseblief u registrasie ten minste 24 uur voor die tyd kanselleer, deur Me Layman te kontak (kontakbesonderhede hierbo). Daar is sekere kostes verbonde aan elke AUXIN vir SOL, en die versoek is om finansiële implikasies te minimaal te hou.

Na afloop van die sessie sal die potgooi beskikbaar wees op SOL se webtuiste: www.sun.ac.za/ctl