Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Woordpret
Begin: 11/11/2019, 09:00
Einde: 13/11/2019, 09:00
Kontak:T. Harteveld - 0218873113
Plek: Bureau of the WAT, 115 Banghoek Ave

Woordpret by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal op 15 November 2019

ALTemit a capella, wat bestaan uit die vier alte Babette Viljoen, Olga Leonard, Hilandi du Toit en Grethe van der Merwe is die gaskunstenaars by die WAT se Woordpret op 15 November. Hulle is ook liedjieskrywers en musikante in eie reg en die groep het baie gunstige resensies ontvang by die afgelope Aardklop Kunstefees.  Hulle sal items uit hul eie penne lewer, maar ook immergroen treffers met 'n kinkel en ʼn Afrika-werk of twee kry nuwe lewe met vindingryke verwerkings.

Alette van Vuuren van Forrester Wingerde sal van hul uitsoekwyne kom bekendstel en wyn, sap en ligte verversings is vanaf 12:30 beskikbaar. ALTEmit kom om 13:00 aan die beurt. Die program duur ongeveer 45 min. en sal dus voor 13:45 ten einde loop. 

Kaartjies kos R30 en daar is sitplek vir slegs 50 persone.  Skakel Cecile of Tanja voor 13 November by 021 887 3113 of kontak die WAT by wat@sun.ac.za om u sitplek te bespreek.  Die Buro van die WAT is in Banghoekweg 115, Stellenbosch.