Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Konvokasievergadering op 14 November
Begin: 14/11/2019, 19:00
Einde: 14/11/2019, 21:00
Kontak:Felicia de Kock - 021 808 9266
Plek: Adam Small Theatre Complex

Lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) en hulle metgeselle word uitgenooi na die jaarvergadering van die Konvokasie op Donderdag 14 November 2019.

Alle US-gegradueerdes, -gediplomeerdes ná 2010, en alle voltydse akademiese personeellede van die US is lede van die Konvokasie. Lede word aangemoedig om vroeg te kom aangesien hulle moet registreer.

Plek: Adam Small-teaterkompleks, 15 Victoriastraat, Stellenbosch

Tyd: 19:00

Gasspreker: Waldimar Pelser, Rapport redakteur

Bevestig asseblief u bywoning per e-pos by konvokasie@sun.ac.za of telefonies by 021 808 9266. Ligte verversings sal na afloop van die geleentheid bedien word.