Kontak:Bronwyn Bruton
- 021-808 9528
Plek: Auditorium, Stellenbosch University Library, Victoria & Ryneveld Streets
Die Wetenskapakademie van Suid-Afrika (ASSAf), in
samewerking met die Universiteit Stellenbosch (Biblioteek- en Inligtingsdiens) nooi
u vriendelik uit na die ASSAf presidensiële beraad: wetenskap, vakgeleerdheid
en samelewing oor die onderwerp
Raak wetenskaplike publikasie onbekostigbaar?
’n Bewysgebaseerde
gesprek oor die implikasies van ’n Europese Plan S vir Suid-Afrikaanse
navorsing
Plan S is ’n inisiatief vir ooptoegangpublikasie
wat in 2018 deur Science Europe van stapel gestuur is met die doel om volle en
onmiddellike oop toegang ’n werklikheid te maak. Die inisiatief se
implementeringsriglyne word egter gekritiseer en kommersiële uitgewers sowel as
uitgewers verbonde aan professionele verenigings is besorg oor die oorgang na
hierdie model. Hoe moet Suid-Afrikaanse instellings die implikasies van Plan S
aanpak? Presies wat gaan die potensiële impak op navorsers en institusionele
begrotings wees? Gaan Plan S nie net die struikelblok van leestoegang vervang
met ’n struikelblok tot outeurskap nie? Die beraad is een van vele pogings om
hierdie omstrede saak en verwante kwessies te probeer verstaan. Lees
meer oor die onderwerp.
Datum: 24 Oktober 2019
Tyd: 17:00 vir 17:30–19:30
Venue: Ouditorium, Universiteit Stellenbosch Biblioteek,
Victoria- en Ryneveldstraat
RSVP: Antwoord asseblief teen 21 Oktober 2019
Verversings sal ná die geleentheid
bedien word.