Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Jaarlikse Intellekuele Goederereg Openbare Lesing
Begin: 26/09/2019, 14:00
Einde: 11/10/2019, 14:00
Kontak:Annette van Tonder - 0218089371
Plek: Faculty of Law Room 1028

​Die jaarlikse intellektuele goederereg openbare lesing, aangebied deur die Anton Mostert Leerstoel in Intellektuele Goederereg aan die Fakulteit Regsgeleerdheid, sal die rol van die advertensiewese in intellektuele goederereg geskille aanspreek, met 'n fokus op die veranderinge wat die regulering van advertensies ondergaan het as gevolg van sosiale en ekonomiese druk.

Die spreker is Gail Schimmel, hoof uitvoerende beampte van die Regulatiewe Raad op Reklame. Haar onderwerp is No Time to be Chicken, en sal die behoefte aan groter waagmoed deur verbruikers, reghebbendes en reguleerders uitlig om op innoverende wyse geskille te besleg. 

Die lesing is gratis en oop aan die publiek, onderhewig aan bespreking. 

 

Vir meer inligting oor die lesing klik hier om die openbare lesing blad te besoek op die webtuiste van die leerstoel.    

 

Datum: 10 Oktober 2019

Tyd: 17:30 vir 18:00

Plek: Stellenbosch Universiteit 

Fakulteit Regsgeleerdheid

Ou Hoofgebou Kamer 1028 (JC de Wet Saal)

Hoek van Victoria- en Ryneveldstraat

Stellenbosch

 

RSVP: Mev Annette van Tonder

annettev@sun.ac.za

021 808 9371   

Sluitingsdatum: 7 Oktober