Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Auxin: Gamification
Begin: 17/09/2019, 12:45
Einde: 17/09/2019, 13:45
Kontak:Gerda Dullaart ​ - +27 21 808 9617
Plek: Den Bosch, 41 Victoria Street, Stellenbosch

 

 

17 September – Dr Samantha Adams bied die SOL Auxin sessie aan 


Die Sentrum vir Onderrig en Leer nooi jou na 'n etensuur aanbieding waar Dr Samantha Adams, Senior Dosent aan die Department Bedryfsielkunde, haar navorsing deel oor Pret en Gamification in Universiteitsonderrig.  Sy sal aanbevelings maak oor hoe om gamification toe te pas vir die verryking van studente se betrokkenheid by hulle eie studies.

Oor die Aanbieding:

Universiteitsonderrig staan voor talle uitdagings en dit is nodig om studente se sukses te ondersteun en die gehalte van leer en onderrig te verryk met doelgerigte pogings.  Studente se betrokkenheid by hulle eie leer in doelgerigte opvoedkundige aktiwiteite, is 'n beduidende vooruitskatter van hulle sukses. Strategieë om studente se betrokkenheid te fasiliteer met behulp van tegnologie is goed gedokumenteer.  In aanlyn omgewings bied sulke strategieë nuwe benaderings tot kreatiewe en innoverende ondersteuning van doelgerigte onderrigpraktyke.  Gamification in onderrig bied maniere om leeromgewings te ontwerp wat motivering en betrokkenheid by studente stimuleer.

 

Hierdie aanbieding sal 'n oorsig skets oor die teoretiese en praktiese oorwegings vir effektiewe gamification in universiteitsonderrig.  Die oorwegings is gebaseer op resente literatuur en die aanbieder se Ph D studie oor gamification en studente se betrokkenheid. Daar sal sleutelinsigte en voorbeelde wees oor die eienskappe van 'n goeie gamification leeromgewing, om te demonstreer dat daar komplekse en dinamiese interaksie is tussen die spelelemente, studentebetrokkenheid, en studente se ervaring.  Dr Adams sal afsluit met aanbevelings vir student-gesentreerde toepassing van gamification vir verhoogde aanwending van gamification werktuie.

Oor die Aanbieder:

Dr Samantha Adams is senior dosent aan die Departement Bedryfsielkunde in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe. Sy is betrokke by voor- en nagraadse onderrig, internskappe en navorsingsaktiwiteite saam met studente van Menslike Hulpbronnebestuur,   Bedryfsielkunde en Psigometrie. Sy stel belang in navorsing oor onder andere elektroniese leer, spel en gamification in onderrig en opleidingsomgewings, en in studente se betrokkenheid by hulle studies.