Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Uitnemende kommunikasie
Begin: 19/03/2024, 10:00
Einde: 21/05/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.

Waarop fokus hierdie kursus? 

Deur skriftelike kommunikasie van ʼn hoë gehalte te lewer, dra jy outomaties by tot die professionele beeld van jou maatskappy. Hierdie kursus help deelnemers om meer doeltreffend te kommunikeer, met die klem op geskrewe kommunikasie.

·      Jy sal die vaardighede aanleer en selfvertroue opbou om doeltreffend in Engels te kommunikeer.

·      Jy word gelei om ʼn verskeidenheid duidelike, bondige en professionele dokumente te skryf.

·      Ons kyk na taalgebruik, trant en formaliteit, sinstruktuur, doelgerigtheid, lesers se behoeftes en die skryfproses.

ʼn Sertifikaat van bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.​

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, met aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

 

Regstreekse aanlyn sessies

(10:00 tot 12:00)

Duur van die kursus 

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
Kursus 1: 9, 16, 23, 30 April, en 7 Mei19 Maart to 21 Mei19 Maart
Kursus 2:

​​​​6, 13, 20, 27 Augustus, en 3 September

16 Julie to 17 September16 Julie

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

  • een regstreekse aanlyn sessie per week van twee uur elk
  • ongeveer agt uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R5 480 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieder en toegang tot die aanlyn platforms insluit. 

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig.

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

Enige verdere vrae?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.