Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Effektiewe Kantoorkommunikasie
Begin: 18/04/2024, 10:00
Einde: 20/06/2024, 12:00
Kontak:Michelle Pieters - 021 808 2812
Plek: Our courses combine live online sessions, which are facilitated by the course presenter, with self-directed online learning.

Waarop fokus hierdie kursus?

In hierdie aanlyn kursus, wat in Engels aangebied word deur die Taalsentrum se Kommunikasielab, leer jy onder andere hoe om bondige e-posse met net die regte hoeveelheid inligting te skryf, en om aandagtig en met insig tydens vergaderings te luister. Die kursus fokus verder op:

  • die vermoë om professionele interne en eksterne e-kommunikasie te skep

  • probleemoplossingsvaardighede en tegnieke om navrae, klagtes en moeilike situasies die hoof te bied

  • ʼn deeglike begrip van vergaderingprosedures en die rolspelers se verantwoordelikhede

  • die vermoë om professionele agendas saam ​te stel

  • vaardighede om vergaderings met vertroue te bestuur en doeltreffende notules te struktureer.​

ʼn Sertifikaat van Bevoegdheid sal ná die suksesvolle voltooiing van die kursus uitgereik word.

Wie kan die kursus bywoon en watter loopbaanvoordele hou dit in?

Hierdie intreevlakkursus is vir jou bedoel as jy nie 'n eerstetaalspreker van Engels is nie, maar in ʼn werksomgewing funksioneer waar Engels gebruik word.

Ons beperk die aantal deelnemers om optimale leer te verseker. Die regstreekse aanlyn sessies word deur ʼn aanlyn komponent aangevul, en sekere aspekte van die kursus word geassesseer.

Is daar enige voorvereistes?

JJy sal ʼn rekenaar en betroubare web soekenjin benodig wat ons aanlyn platforms (MS Teams en SUNOnline) kan hanteer en jy sal ʼn betroubare internetverbinding nodig hê om vir die regstreekse aanlyn sessies aan te meld. Jy sal ook elektroniese dokumente moet kan skep. 

Waar en wanneer vind hierdie kursus plaas?

Ons hibriede kursusse kombineer regstreekse aanlyn sessies, wat deur die aanbieder gefasiliteer word, en aanlyn leer wat jy op eie stoom doen.

Hierdie aanlyn kursus open voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind en sluit lank ná die laaste regstreekse aanlyn sessie. Dit gee jou genoeg tyd om jou SUNOnline-teenwoordigheid te aktiveer voordat die eerste regstreekse aanlyn sessie plaasvind.

 Regstreekse aanlyn sessies (10:00 tot 12:00)
en
een kontaksessie (09:00 tot 16:00)

Duur van die kursus

(openings- en sluitingsdatums)

Skryf in voor
Kursus 1: aanlyn op 9, 16, 23, 30 Mei, en
kontaksessie op 6 Junie
18 April tot 20 Junie18 April
Kursus 2:aanlyn op 3, 10, 17, 24 Oktober en 
kontaksessie op 31 Oktober
12 September tot 14 November12 September

Tydens die kursus sal jy jou tyd as volg spandeer:

·       twee uur per week op ʼn regstreekse aanlyn sessie

·       ongeveer agt uur per week op leeswerk, of om take of vasvra-take, aktiwiteite en opdragte op eie stoom te voltooi

Wat kos die kursus?

Die kortkursusfooi is R5 470 per deelnemer, wat kursusmateriaal, assesserings, regstreekse aanlyn sessies met jou aanbieders en toegang tot die aanlyn platforms insluit.

Alle kursusfooie moet asseblief vóór die begin van die kursus betaal wees. Let ook daarop dat ons hierdie kursus net sal aanbied wanneer ʼn minimum van tien kandidate wat klaar betaal het, bywoning bevestig. 

Stel jy belang?

Klik hier en voltooi die vorm indien jy belangstel om hierdie kursus by te woon. Ons sal jou kontak met die skakel om in te skryf.

Enige verdere vrae​?

Skakel met Michelle Pieters vir meer besonderhede by michellep@sun.ac.za of 021 808 2812. Jy kan ook jou spesifieke kortkursus- en ontwikkelingsbehoeftes met ons bespreek. Doen gerus navraag oor beskikbare kortkursusse, datums en die moontlikheid van pasgemaakte kursusse.​