Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Die Universiteit van Warwick besoek Stellenbosch Universiteit
Outeur: SU International
Gepubliseer: 12/12/2022

​Op 31 Oktober 2022 het Stellenbosch Universiteit (SU) ʼn afvaardiging ontvang die Universiteit van Warwick (UW). Die afvaardiging was gelei deur Prof Mike Shipman.

Die doel van die besoek was om verskeie onderwerpe te bespreek rakende die vennootskap, wat die volgende ingesluit het:

  • Multilaterale samewerking: SU en WU neem deel aan verskeie gedeelde netwerke (byvoorbeeld Eutopia), en hou lidmaatskap in netwerke wat op 'n strategiese vlak met mekaar skakel (byvoorbeeld ARUA en die Guild).
  • Befondsingsgeleenthede vir samewerkende projekte tussen SU en UW.
  • Virtuele navorsingswerksessies wat rondom gedeelde areas van uitnemendheid sal plaasvind.

Gedurende die besoek het die UW afvaardiging die geleentheid gehad om te skakel met SU akademici van die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Skool vir Datawetenskap & Rekenaardenke, Skool vir Klimaat Studies en Departement Wiskunde. Daarby saam het hulle ook geskakel met die Afrika Sentrum vir Geleerdheid en die Sentrum vir Samewerking in Afrika. Deel van die rede vir hierdie skakelinge, was om was om gebiede van oorvleueling tussen die twee instellings te identifiseer.

Die afvaardigings besoek was ook ʼn geleentheid gewees om ʼn Memorandum van Verstandhouding tussen die twee instellings te teken. Alhoewel SU en UW alreeds vir ʼn geruime tyd saamwerk in verskeie areas – was daar nog nooit ʼn formele ooreenkoms tussen die twee instellings nie. Gevolglik die formalisering van die bestaande interaksies deur die tekening van 'n Memorandum van Verstandhouding was die natuurlike volgende stap.

​Bestaande samewerking tussen SU en UW:

Samewerking tussen die twee universiteite sluit in gesamentlike publikasies en samewerkende navorsingsprojekte, studenteprogramme op die gebied van voorgraadse navorsing en gemeenskapsinteraksie (byvoorbeeld ICUR en Warwick in Africa ) en gedeelde netwerk lidmaatskap, byvoorbeeld die netwerk Eutopia.

Beide instellings is ook onderskeidelik deel van netwerke, die GUILD en ARUA, wat met mekaar saamwerk ten opsigte van sekere areas van uitnemendheid

Die Memorandum van Verstandhouding maak voorsiening vir die volgende aktiwiteite:

  • Studente-uitruil
  • Gesamentlike toesig
  • Gesamentlike navorsingsaktiwiteite
  • Administratiewe en Akademiese Personeelmobiliteit
  • Gesamentlike konferensies, simposia en ander akademiese vergaderings oor onderwerpe van wedersydse belang
  • Gasheer wees van akademici vir onderrigdoeleindes (gaslesings, gesamentlike seminare, ens.)
  • Virtuele en Hibriede onderrigsamewerking

Die Memorandum van Samewerking sal verder ondersteun word deur ʼn studente-uitruil oreenkoms tussen die twee instellings.

Indien u belangstel om meer uit te vind oor geleenthede om by die vennootskap tussen UW en SU betrokke te raak, kontak asseblief Sarah van der Westhuizen (SU).