Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Norma Derby- "Laat ons aanhou om vir mekaar aan te moedig"
Outeur: Birgit Ottermann/ Photo: Stefan Els
Gepubliseer: 08/08/2022

“Dit is al 27 jaar vandat Vrouedag vir die eerste keer in Suid-Afrika gevier is ter herdenking van die deurmars van ongeveer 20 000 vroue na die Unie Gebou, Pretoria met die doel om teen die paswet, wat van swart Suid-Afrikaners vereis het om pasboeke ('dompas') by hul te dra, te protesteer. Ek glo dat elke jaar se viering tot die algehele doelwitte bydra om hierdie bemoedigende daad te herdenk terwyl ons bewustheid saai oor die belangrikheid om aan te hou vir regte veg vir die vroue in ons land,“ sê Norma Derby, Programbestuurder: Afrika Vennootskapsontwikkeling by Stellenbosch Universiteit Internasionaal.

"Suid-Afrika is van natuur 'n baie patriargaal-gedrewe gemeenskap wat ook by Stellebosch Universiteit (SU) reflekteer word. Soos die universiteit bewustelik na geslagsgelykeid streef, soos gesien kan word deur die jaar-vir-jaar toename in die persentasie van die aanstelling van vroue, behoort daar groot verandering plaasvind,“ sê sy.

Derby werk al vir ses jaar by die SUI se Senter vir Samewerking in Afrika (SSA), 'n senter wat daarna streef om bemagtigende omgewing te skep vir die kampusgemeenskap sodat hul in staat kann wees om saam met ander universiteite en navorsingsinstansies oor die kontinent van Afrika en globaal saam te werk om SU se internasionalisasieportfolio te versterk. Haar hoof verantwoordelikhede is die bestuur van vennootskappe en student- en personeelmobiliteit in Afrika, asook die koördinering/bystaan van SU-geleenthede met die oogmerk om die fokus op Africa te stel.

"Die bestuur by SU Internasionaal is baie doelbewus besig om vroue te laat voel dat hulle gehoor en ondersteun word,“ voeg Derby by. "Hierdie geld vir die aanstelling van personeel, asook die opening en vulling van posisies teenoor ander rassegroepe, veral om die posisies te vul met vroue wat gerespekteer will word i.t.v. bevoegtigheid, kapasiteit en toegewydheid.

Derby sê dat deur op hierdie jaar se tema vir Vrouedag 'Generasie-gelykheid: Die Realisasie van Vroueregte vir 'n gelyke Toekoms', te reflekteer, kann sy daarna streef om haar vroulike kollegas the ondersteun en op te hef deur haar alledaagse interaksies. "Ek gee positiewe kritiek wanneer dit vereis word en vier en wens vroulike kollegas geluk, veral die volgende generasie van professionele vroue. Dit is belangrik vir my dat me mede vroulike kollegas selfversekerd, kundig en ondersteund voel,“ sê sy.

Wanneer sy gevra was of sy enige inspirerende mentors in haar lewe het, het sy die naam van Merle Hodges genoem, die voormalige direktriese van die Universiteit van die Kaapse Peninsula van Tegnologie (CPUT) se internasionale kantoor, asook die eerste vroulike president van de Internasionale Onderwysassosiasie (IEASA) aan wie SUI 'n lid is.

"Ongelukkig is my mentor, Merle Hodges, 'n paar dae terug oorlede. Sy het my mentor geword in 2017 wanneer ek besef het dat ek moet my kennis van internasionalisasie binne die veld van hoër onderwys verbeter. Gedurende die afgelope IEASA-konferensies het ek vir Merle in aksie gesien, altyd gewillig om haar rykdom van kennis van internasionalisasie te deel deur inspirerende en dinamiese voorleggings. Sy was net so oop en welkomend om haar kennis te deel, en, deur haar voorbeeld, will ek ook 'n rolmodel vir die volgende generasie van vroue wees."

Wanneer dit kom by sterk rolmodelle op die SU-kampus, sonder Derby Prof. Hester Klopper uit. "Sy dien as 'n strewende, professionele, maar toegewyde vrou wat deur voorbeeld lei, en dien ook as 'n voorbeeldige leier en rol model wat deur rasseverdelings en geslagsdifferensiasie sny."

Vir Vrouedag hierdie jaar het Derby die volgende woorde van wysheid gedee:" Maya Angelo het geskryf: 'We can be. Be and be better. For they excited'. Jong mense, terwyl julle krities bly, moet julle onthou dat ouer generasies nie perfek is nie. Laat ons hul pogings en bydrae vir die gelykheid vir almal respekteer. Mans, onthou dat dit 'n spanapoging is. Vroue, laat ons die aanhaling onthou wat sinoniem is aan Vrouedag: 'wathint'abafazi, wathint' imbokodo' (Jy slaan 'n vrou, dan slaan jy 'n rots). Laat ons sterk bly, aanhou om mekaar aan te moedig en voetspore los vir die volgende generasie van vroue sodat hul die voordele van gelykheid kan oes." ​