Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
P simba pic 3.jpg
Dr. Precious Simba – Feminisme tree hier in gesprek met Ubuntu
Outeur: Biénne Huisman​ ​
Gepubliseer: 06/12/2021

In 2011 verlaat dr Precious Simba haar posisie in senior kleinhandelsbestuur om haar passie vir die inspirering van jong meisies uit minderbevoorregte agtergronde na tvolg. Sy stig daarna die Girls Development Initiative in Bulawayo, ’n organisasie wat jong meisies deur opvoedingsgeleenthede en lewensvaardighede bemagtig – en die wêreld een jong meisie op keer verander. 

 

In dié tyd kom daar ’n keerpunt in haar akademiese belangstelling. Simba voltooi in 2007 n BCom in Bemarking aan Zimbabwe se Nasionale Universiteit van Wetenskap en Tegnologie. 

 

Met ’n nuwe doel voor oë skryf sy in as ’n Mandelabeurshouer aan die Universiteit van Sussex en behaal ’n MA in Gender en Ontwikkeling in 2014. Vroeër vanjaar voltooi Simba, wat tans ’n dosent aan die Universiteit Stellenbosch ishaar PhD in Onderwysbeleidstudies. 

 

Sy gesels via Zoom en verduidelik dat veranderings in die opvoedkundige beleid in Zimbabwe gelei het tot haar doktorale proefskrif – feminist critique of Ubuntu: Implications for citizenship education in Zimbabwe – wat in der waarheid drie vakgebiede in gesprek saam snoer: Ubuntu, feminisme, en burgerskapopvoeding. 

 

Tydens die onderhoud dink sy terug aan haar vormingsjare op die Zimbabwiese platteland: “By ons laerskool het die onderwyser vir die meisies gesê om Vrydae besems en dweile saam te bring skool toe sodat ons die klaskamers koskoonmaak, terwyl die seuns buite kon speel. 

 

Sy verduidelik hoe die keerpunt na feminisme gekom het: As jy jonk en swart is in Zimbabwe voel jy die ekonomiese druk van die land op n ander manier. As jy jonk en swart is in Zimbabwe, en boonop vroulik... Jy weet, baie dinge gebeur daar. As jy n meisie is, moejy buitengewoon begaafd wees op skool voor enigiemand jou raaksien en in jou belê. En dis nie omdat mense gemeen wil wees of aan vrouehaat, of misogenie, ly nie. Dit het met die land se ekonomie te doen. Hulle wil gewoon die beste van gesinshulpbronne maak. 

 

Ek dink baie mense beskou hierdie kwessies, veral die ongelyke belegging in jong meisies en jong seuns se opvoeding, as ’n vorm van misogenie. Ek dink mense uit arm agtergronde beskou dit nie as misogenie nie. Dit is gewoon om hulpbronne aan te wend waar jy meen dit jou gesin die beste sal dien. En jong seuns het gewoonlik n beter kans om sukses te behaal en werksgeleenthede te kry, veral op n jonger ouderdom, as jong meisiesWant gewoonlik trou die jong meisies uit daardie agtergronde. En wanneer jy trousien jy maar om na die aangetroude familie. 

 

So ja, dis waar my reis met die opvoeding van jong meisies begin het. Ek het by n punt gekom waar ek my kon afvraWeet jy wat? Ek wil nie hierdie loopbaan hê waar ek voorraad opneem, nuwe winkels open, en al daardie dinge nie. Didalk opwindend, maar dis nie wie ek is nie ...’” 

 

In 2015, in n poging om die land se Britse opvoedingserfenis te dekoloniseer, stel die Zimbabwiese regering n nuwe kurrikulum bekend wat in wese deur Ubuntu as opvoedingsfilosofie gedryf word. Dit was die inspirasie vir Simba se PhD-navorsing. 

 

Sy sê: “Ek het toe gedink: ‘Waaroor kan feminisme met Ubuntu in gesprek tree? Veral in die opvoedingskonteksn Gesprek moet hier gevoer word, want as jy iets het wat opvoeding so ingrypend gaan verander, en opvoeding het so n diepgaande impak op genderkwessies, moet jy tog bepaalde vrae vra, reg? 

 

Want opvoeding skep hierdie reproduktiewe teelaarde. Dis ’n plek waar idees oor wat manlikheid of vroulikheid is, wat manlik is, wat vroulik is, vorm kry; dis waar die binêre waarmee ons kwessie in die feminisme het, gevestig raakSo, as jy ’n filosofie het wat opvoeding wil hervorm, dan moet die feminisme vra: Gaan dit in ons belang wees?’” vervolg sy. 

 

Die eerste deel van Simba se studie het behels om ’n diepgaande insig in Ubuntu te bekom en dit weer te gee; die tweede deel was om die bevindings op die nuwe onderwyskurrikulum toe te pas. Vir hierdie doel het die terugvoer van die hoof van die Nziramasangakommissie van ondersoek, prof Caiphas Nziramasangawat die taak gehad het om die Zimbabwiese onderwysstelsel te hervorm, gehelp om haar denkwyse te vorm. 

 

Simba se belangrikste bevinding was dat die nuwe kurrikulum nou of ongenuanseerde interpretasie van Ubuntu gebruik, wat in werklikheid binêre denke vererger. 

 

“Hierdie vergissing versterk ’n reeds seksistiese, homo/trans/xenofobiese, en ’n mansgesentreerde samelewing,” skryf sy in haar doktorale proefskrif. Op dié manier beskou, het Ubuntu ’n beperkte potensiaal vir opvoedkundige praktyke in sover dit mansgesentreerde samelewing, seksistiese neigings, en gewelddadige, uitsluitende, of nadelige optrede kan uitdaag. 

 

Sy verduidelik: As jy kyk hoe Zimbabwe Ubuntu in die kurrikulum gebruik. In die teorie is dit verbasend dat hulle opvoedingsfilosofie het wat uit Afrika kom. Ek dink dis een van die eerste lande op die vasteland wat dit doen. Maar in die praktyk ontbreek hierdie ryke vertolkingomdat daar so ’n ongenuanseerde siening van Ubuntu gebruik is. 

 

“Ek bedoel, Ubuntu kry beslag in ’n lysie optrede waaraan leerders en onderwysers gehoor moegeeDan is daar kassies wat afgetik moet word‘Leerders moet respek betoonLeerders moet nederig wees. Leerders moet die ouer garde respekteer. Onderwysers moet ordentlik aantrek. Ordentlik aantrek beteken dit vir manlike onderwysers en dat vir vroulike onderwysers. Ek wil dit amper goedkoop Ubuntu noem,” sê sy. 

 

Simba voeg by dat n ryke of genuanseerde vertolking van Ubuntu gaan oor ’ontmoetingsraamwerk, waar geput word uit taal en geleefde realiteite, n manier om komplekse menslike interaksie te hanteer. As sodanig behels dit die redenasie agter enigeen van hierdie waarneembare optrede of gekodifiseerde sedelike beginsels – wat gevolglik etiese menslike optrede motiveer. “Ubuntu, as n filosofie van onderlinge verbandhouding, bied vrugbare grond vir feministiese samehorigheid,” sê sy. 

 

Sy sluit haar navorsing soos volg af: Die bydraes van die studie verskuif vakkundigheid op twee wyses: eerstens deur die fokus van die presterende aspek van Ubuntu te verskuif na dit wat onder die oppervlak  ... 

 

“Tweedens gebruik die studie taal en stories as ontginningsterreine en argiewe om die kritiese lees van die konsepte, en veral Ubuntu, te onder. Dit rig ’n uitnodiging aan die Ubuntuvakkundiges om Suid-gerigte aanhalingspraktyke in gedagte te hou en geleefde artefakte van aBantu by die vertolking van Ubuntu te betrek. 

 

Simba is n 2019- nagraadse studentegenoot van die Ubuntu Dialoogprojek, wat gesamentlik deur die Universiteit Stellenbosch Museum en die Michigan State University se Afrikastudiesentrum aangebied word. 

 

Biénne Huisman