Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Middagete met sy majesteit
Outeur: Departement Afrikaans en Nederlands
Gepubliseer: 06/12/2021

Hy is dalk nie 'n hofdigter nie, maar dr Alfred Schaffer van die Departement Afrikaans en Nederlands is twee keer in bietjie meer as 'n maand vir sy werk vereer en gehuldig. Eers by die Tuin van Digters in Wellington in Oktober en, meer onlangs, by die Paleis Noordeinde in Den Haag.

Op 25 November het Koning Willem-Alexander 26 uitblinkers tydens 'n noenmaal vereer. Benewens dr Schaffer (die 2021-ontvanger van die PC Hooft-prys), het die gastelys paralimpiese atlete, musikante, akteurs, en ontvangers van die Spinoza- en Stevinpremie (die hoogste toekenning vir Nederlandse akademici en wetenskaplikes) ingesluit.

Hoewel die uitblinkersmaaltye gewoonlik elke ses maande plaasvind, is dit – hoogs uitsonderlik – die tweede in minder as 'n maand.

Op 22 Oktober is dr Schaffer by die Breytenbachsentrum se jaarlikse Tuin van Digters vir sy bydra tot die digkuns gehuldig.