Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
US-Konvokasie: Nominasies is oop
Outeur: Development & Alumni / Ontwikkeling & Alumni
Gepubliseer: 26/10/2020

Lede van die Universiteit Stellenbosch (US) se Konvokasie word uitgenooi om lede te benoem om vir 'n termyn van drie jaar in die uitvoerende komitee te dien nadat drie vakatures in die uitvoerende komitee van die Konvokasie ontstaan het.

Hierdie vakatures het ontstaan na die bedanking van die President, die sekretaris en 'n ander lid.

Nominasies is oop vir 30 dae en sluit op Donderdag 26 November 2020. Nominasies moet voor of op die sluitingsdatum per e-pos aan konvokasie@sun.ac.za versend word.

'n Lid kan deur een voorsteller benoem word en vier ander lede moet die benoeming sekondeer. Die nominasie moet vergesel word van 'n verklaring deur die genomineerde dat hy /sy die nominasie aanvaar en hom/haar tot die verkiesingsreëls verbind en moet ʼn visiestelling van maksimum 50 woorde insluit.

  • 'n Nominasievorm is HIER beskikbaar.

  • KLIK HIER​ om meer te lees oor die prosedure vir die benoeming en verkiesing van die Uitvoerende Komitee van die Konvokasie.