Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Stellenbosch Sokkerklub is gasheer vir eerste wedstryd in die Danie Craven Stadion
Outeur: Operations and Finance
Gepubliseer: 21/10/2020

Die Stellenbosch Sokkerklub is verheug om aan te kondig dat die nuut-gerestoureerde Danie Craven Stadium op Stellenbosch die gasheerveld gaan wees vir plaaslike wedstryde waar die DStv Premierliga 2020/2021 gespeel gaan word.

Die openingswedstryd word agter geslote deure gehou op Sondag, 25 Oktober 2020 teen Moroka Swallows Sokkerklub.

Stellenbosch Academy of Sport (SAS), die eienaars van Stellenbosch FC (SFC), en die Universiteit Stellenbosch, het 'n strategiese vennootskap aangegaan om sokker in die Wynlande te bevorder. Danksy die vennootskap kan die Premierliga-klub die universiteit se uitstekende fasiliteite gebruik vir oefeninge en wedstryde. Die vennootskap bevat ook besonderhede van die planne om die gehalte van sokker aan die Universiteit te bevorder en so 'n holistiese omgewing te skep vir talentvolle sokkerspelers, ondersteunende personeel en administrateurs.

“Ons klub se strategiese plan het 'n groot hubstoot gekry toe ons tot Premierliga-vlak gevorder het. Ons is gelukkig om in 'n dorp met 'n ryk sporterfenis te wees en het ons die Universiteit en ander belangrike belanghebbendes saam met ons om voortgesette groei te bevorder. Dit is ongelooflik om te sien hoe opgewonde die dorp is oor die Stellenbosch Sokkerklub handelsnaam en die vooruitsig om die ikoniese Danie Craven-stadion as basis te hê. Ons hoop om die ongelooflike geskiedenis wat Maties Rugby geskep het en nog steeds by hierdie stadion gaan skep, te komplementeer. Die klub bedank die Johan Rupert en Jannie Durand van Remgro en Prof. Stan du Plessis en sy bestuurspan aan die Universiteit om hierdie droom te verwesenlik," sê Rob Benadie, SAS en die klub se bedryfshoof.

“Dit is baie opwindend om ons vennote, Stellenbosch Sokkerklub, op die Danie Craven stadium te verwelkom. Kom ons bring dieselfde tuisveldvoordeel na die Stellenbosch Sokkerklub by die Danie Craven stadium as wat ons vir dekades met Maties-rugby gedoen het. Ek hoop dat hierdie tuiswedstryde veral jong ondersteuners sal motiveer om op die hoogste vlak mee te ding en hulle eerste tree gee op 'n aspirerende pad waar Maties Sokker en Stellenbosch Sokkerklub belangrike rolle vervul," sê Prof Stan du Plessis, Uitvoerende Bedryfshoof van die US.

Die langverwagte tuisveld bring baie opwinding na die klub wat uiteindelik hul tuiswedstryde in Stellenbosch kan hou nadat hulle vir die verloop van die hele 2019/2020 Premierliga sonder 'n tuisveld was. Studente en sportvolgelinge kan nou rugby en sokker van gehalte in 'n historiese en pragtige dubbeldoelstadion geniet.

“Weens COVID-19 regulasies mag daar ongelukkig geen toeskouers met die openingswedstryd toegelaat word nie. Dit is 'n groot oomblik vir ons as klub en ons sou dit graag met ons getroue ondersteuners en die breër Stellenbosse gemeenskap wou deel, maar weens omstandighede is dit nie moontlik nie. Ons sien daarna uit om die ondersteuners in die nabye toekoms by 'n normale Premierliga-sokker in Stellenbosch te verwelkom," sê die klub se hoofbestuurder, Garth Le Roux.


Foto onderskrif:

Stellenbosch Sokkerklub se spelers wys hulle nuwe kleredrag op die veld van die Danie Craven Stadion. Van links is Zitha Macheke, Marc Van Heerden, Lee Langeveldt, Robyn Johannes, Ashley Du Preez en Sibusiso Mthethwa. Foto: Courtney Williams.