Universiteit Stellenbosch
Welkom by Universiteit Stellenbosch
Biblioteek- en Inligtingsdiens oop vanaf 6 Julie 2020
Outeur: Library and Information Service
Gepubliseer: 05/07/2020

Die Biblioteek- en Inligtingsdiens kondig graag aan dat sommige van die biblioteke vanaf 6 Julie 2020 oop is vir beperkte dienslewering aan kliënte. Die biblioteke wat oop is is: die US Biblioteek, Ingenieurs- en Bosboubiblioteek, Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe Biblioteek en die Musiekbiblioteek. Gedurende hierdie periode sal kliënte met permitte voorafbespreekte besoeke aan die vier biblioteke kan reël. Lees hier die besonderhede oor die openingsure en dienste wat gelewer word.​